Ho?rskool Ermelo mag in Afrikaans voortgaan

Deel op

Image

Ermelo s?l Engels, s? dept.

Die Pretoriase hooggeregshof het gister in die guns van Hoërskool Ermelo beslis deur ’n tussentydse bevel toe te staan wat die Oos-Transvaalse (tans Mpumalanga) onderwysdepartement verbied om verder met die skool se taalbeleid in te meng.

Deel op
Die onderwysdepartement het twee weke na die aanvang van die skooljaar 113 leerlinge by die skool ingeskryf en daarop aangedring dat hulle in Engels onderrig word. Die departement het ook die beheerliggaam “onbevoeg” om verder die skool se taalbeleid te bepaal. Maar slegs 13 leerlinge het uiteindelik opgedaag.

Hierna het die skool hom noodgedwonge tot die hof gewend in ’n aansoek om die besluit van ’n komitee, wat deur die onderwysdepartement aangestel is om die skool se taalbeleid te bepaal, tersyde te stel.

Die voorsitter van die skool se beheerliggaam, mnr. Johan Ernst, het gister die uitspraak verwelkom. “Ons is bly dat die tradisies van die skool bevestig is en beskou hierdie as ’n sterk uitspraak vir die reg wat Afrikaans het.”

Regter Bill Prinsloo het die uitspraak gelewer en gelas dat die huidige dubbelmediumtaalbeleid onnmiddellik opgeskort word hangende ’n finale hofbevel. Die regter het Hoërskool Ermelo beskryf as “’n ou, bekende skool wat oor dekades sy leerlinge in Afrikaans opgevoed het en landwyd ’n baie goeie reputasie het rakende akademiese uitnemendheid, sport en kulturele prestasies”.

Hy het voorts gesê dat die hoof van die Oos-Transvaalse onderwysdepartement op “onbehoorlike wyse sy wil op die skool wou afdwing en daar is sterk aanduidings dat die komitee nie onafhanklik gefunksioneer het nie, maar in opdrag van die departementshoof. Dit dui op onreëlmatigheid.”

Hoërskool Ermelo moes vyf jaar gelede insgelyks hof toe gaan toe die onderwysdepartement die hoof en onderhoof geskors en sy beheerliggaam ontbind het. Toe het die departement die saak met koste verloor.

online casino euЛобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.