Nkwinti praat met gesplete tong

Deel op

“Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, mnr. Gugile Nkwinti, se waarskuwing dat boere moet saamwerk om ‘n krisis erger as in Zimbabwe te verhoed, is onverantwoordelik en skep onsekerheid. Die boere werk lankal reeds saam, maar dit is die regering en sy onbevoegde amptenare wat nie saamwerk nie.

Die feit dat Nkwinti swart Suid-Afrikaners se siening, dat landbougrond genasionaliseer moet word deel, is in kontras met wat hy verlede week in die parlement gesê het. Nkwinti praat dus met ‘n gesplete tong oor grond,” sê mnr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor landelike ontwikkeling en grondhervorming.

“Uitsprake soos hierdie skep die indruk by die Suid-Afrikaanse landbougemeenskap dat die Minister Zimbabwe-tipe grondhervorming onbewustelik aanmoedig. Dit is tot niemand in Suid-Afrika se voordeel nie. Grondhervorming sal begin slaag indien die regering by al die mislukte grondhervormingsprojekte ingryp.

Nkwinti het self erken 90% van die projekte het misluk. As die regering nie ingryp by die mislukte projekte nie, sal waardevolle landbougrond wat voedselsekerheid moet waarborg, vir altyd verlore wees,” het Groenewald gesê.

какой подоконник лучшеДанильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.