Gaan hulle of gaan hulle nie…?

Gaan die ANC die landbougrond vat, of nie, wonder almal. Moenie daaroor twyfel nie!

Hierdie vraag en die gepaardgaande onkunde oor die ANC onder die Afrikaners en die boeregemeenskap, word liederlik deur die ANC misbruik om die Afrikaners met berekende propaganda in die media verder te mislei, te verwar en van balans af te hou.

Op die strategies mees gepaste tydstip, slaan die ANC dan toe, veral as Afrikaners nie meer die ANC as vyand sien nie.

Bespiegelings verwar die mense. Kennis oor die ANC gee jou sekerheid. Daar is baie sekerheid te vinde oor wat die ANC se maneuvers gaan wees, as jou inligting korrek is, en jy weet waar om te soek.

Verwarring ontstaan omdat die mense nie hul vyand ken nie. Die hoofvyand van alle regdenkende mense in Suid-Afrika, die ANC, moet eers goed geken word.

Die ANC se Polokwane- oftewel Pietersburg-resolusies van 2007, dui daarop dat beplanning in optrede omskep word, asook wetgewing wat gepubliseer word en in nasionale aksies omskep word. In die 2007-resolusies is die ANC duidelik dat hulle nog ‘n bykomende 25 % van Suid Afrika se landbougrond aan swartes gaan oordra, ongeag die stand van hulle finansies. As hulle dit nie kan koop nie, gaan hulle dit op ander maniere verkry. Punt. Hetsy deur politiek wat vir die ANC die voortsetting van die revolusionêre oorlog met ander middelle is, hetsy deur die voorsetting van die revolusionêre oorlog met plaasmoorde, of deur die wettiging van beginsels onderliggend aan terreur, en die gepaardgaande skep van staatsterreurwetgewing.

Oorlog en politiek is vir die ANC ineengeweefde optrede. Nie een van die twee hou ooit op nie. Dit is altyd net die een of die ander, ter bereiking van hulle doelwitte, byna soos ‘n wêreld sonder grense.

En tot dusver het die ANC byna 100% van die resolusies waarop by die Pietersburgkonferensie besluit is, deurgevoer, soos onder andere die ontbinding van die Skerpioene.

Dus, oor hulle doelwit om die plaasgrond af te vat, moet daar nie getwyfel word nie. Dit is net die metodiek wat hulle gebruik, wat weersinwekkend is, en wat wissel van plaasmoorde tot wetgewing en manipulasie deur middel van propaganda in die media. En met die propagandaspeletjies hou hulle die boeregemeenskap op die agtervoet.

Om vooraf gewaarsku te wees, is om vooraf bewapen te wees.

John Kane-Berman van die Suid Afrikaanse Instituut vir Rasse-aangeleenthede, huldig dieselfde opinie oor die ANC se doelwitte rakende landbougrond. Hy gaan sover om te sê dat as die ANC sê dat hulle nie die grond gaan vat nie, lieg hulle.

Maar oor een ding kan ons seker wees, en dit is dat die uitgesproke behoefte by al die ANC se ondersteuners landwyd bestaan dat die grond by ons boere gevat moet word. Die onderskeie ANC-takke se leiers het in 2007 landwyd opgeruk Pietersburg toe en die behoeftes van hul ondersteuners in ‘n nasionale resolusie van die ANC omskep.

Die Afrikaners se grond gaan gevat word, op welke manier ook al. Die onteieningswet van die ANC, wat in dié verband gebruik kan word, is eweneens ‘n stukkie geskiedkundige bedrog deur die ANC:

Die onteieningswet van die ANC

Staatskoerant, 13 November 2007

Notice 1654 of 2007

Draft Policy on the expropriation bill

“Expropriate for public purpose in the public interest”

Die voorgestelde wetsontwerp met ‘n tipiese kommunistiese terreurorganisasie se verdraaide geskiedkundige feite en propaganda is ‘n doelbewuste poging om:

  • Propaganda en verdraaide geskiedenis in wetgewing te omskep;
  • Om bogenoemde verdraaide propaganda en verdraaide geskiedenis te misbruik om emosies op te wek vir die roof van wettig verkrygde grond en landelike Afrikanergebied. Indien die emosies wel opgewek word met die misleidende propaganda, sal die toekomstige wetstoepassers ten aanskoue van hierdie verdraaide propaganda, ‘n geloof in hierdie verdraaide geskiedenis ontwikkel en gevolglik op ‘n koelbloedige wyse geskiedkundige, wettige verkrygde grond by die regmatige eienaars daarvan vervreem.

Hierdie verdraaide geskiedkundige feite en kommunistiese terreurpropaganda van die ANC begin soos volg in die voorgestelde wet :

“In 1659, a little war of plunder broke out between the Dutch and the Khoisan. After many years of abuse at the hands of the Dutch, the Khois had decided to wage resistance. At the time, Jan van Riebeeck, was the commander of the Dutch in the Cape. The war ended at about the beginning of 1660. The leader of the Khois, Autshumao (also called ‘Harry the Strandloper’) had been captured during the war and imprisoned at Robben Island.

In April 1660 after the war, he was brought back for peace negotiations. During those negotiations Van Riebeeck told Autshumao that not enough grazing land was available for the cattle of both the colonies and the Khoi Khoi. Autshumao then asked van Riebeeck: ‘If the country is too small, who has the greater right; the true owner or the foreign intruder?’

The response of van Riebeeck as recorded in his diary was : ‘We have won this country in a just manner through a defensive war, and it is our intention to keep it.'”

Dan gaan die voorgestelde wetgewing verder met hulle propaganda :

“The land act of 1913 was an atrocious piece of legislation. It drove Sol Plaatje, a gifted writer, famously to exclaim:‘Awakening on Friday morning June 20, 1913, the South African native found himself, not actually a slave, but a pariah in the land of his birth.’”

En so begin die voorgestelde wetgewing wat poog om Afrikaners vir die soveelste keer slawe en slagoffers van nog ‘n volksmoord in hulle eie land te maak.

Wat is fout met bogenoemde propaganda?

Jan van Riebeeck se dagboek op Sondag die 7de April 1652 verwys. Daar was ‘n gebruik onder skeepsvaarders om briewe onder klippe te los vir diegene wat ná hulle by die Kaap sou aankom. Die kuslyn van Kaapstad was beskryf as Cabo De Boa Esperance. Op die 7e April, skryf van Teijlingen in een so ‘n brief, in die Engelse vertaling:

“Only one head of cattle and one sheep were brought to us by the savages, nor do we see likelihood – in view of the unwillingness of these unreasonable persons – of obtaining any more cattle or other refreshments, although cattle in abundance have been seen by seamen not far from the shore. So we have decided and agreed among ourselves to depart from here with our ships in the morning and to continue our voyage in the Name of the Almighty to St. Helena.”

Die beskaafde Calvinistiese waardes en geloof van die Nederlanders spreek duidelik uit hierdie brief. Dit toon dat hulle godvresende mense met ‘n sin vir geregtigheid en aanvaarding van die gesag van God was en verklaar waarom hulle nie die mense mishandel het wat voedsel van hulle weerhou het nie.

Op Maandag die 8e April 1652, toon Jan van Riebeeck se dagboek verder aan wat die ware gesindheid was waarmee die godvresende en Christelike Hollanders die Strandlopers sowel as die *Goringhaiquas; (Saldanhamen,Saldanhars, Saldiniërs of Kaapmans) behandel het. Die dagboek lui in die Engelse vertaling:

“This evening we went ashore together provisionally to consider more or less where the fort should be built. Also had 2 savages on board this evening, one of whom could speak a little English. We generously filled their bellies with food and drink. As far as we could gather no cattle could be obtained from them for – as they gave us to understand by means of broken English and signs – they were only fishermen and the cattle was supplied by those from Saldania.* This we also learned from a few survivors of the ship Haerlem.”

Op die 10de April vertel Jan van Riebeeck se dagboek vir ons hoe die Hollanders as vredemakers moes optree, en dus die lewens gered het van die Strandlopers en die Saldaniërs:

“About noon a small band of 9 or 10 savages from Saldania arrived, against whom the Strandlopers who sit outside our tents with their wives and children every day, arranged themselves in battle order and advanced towards them with assegais, bows and arrows with such courage and fury that we had sufficient to do to check them, they having rushed their wives off to the mountains. The skipper Jan Janssen Hooghsaet, with our corporal and some armed soldiers, were sent between them, and when they were about half a pedero shot away, with the natives drawn close together in battle formation, the skipper succeeded in arranging a truce between them, so that for the rest of the day they remained at peace with one another in the vicinity of our tents.”

Hierdie lewensreddende handelings van die Hollanders dui defnitief nie op Hollanders wat uitbuiters was nie. Inteendeel.

Op die 29ste April lees Jan van Riebeeck se dagboek :

“In the evening the sky became quite overcast but no rain fell. We did not notice any of the natives from the land of Saldania or elsewhere, other than 4 or so Strandlopers now and then who bring nothing else with them but lean bodies and hungry bellies. We fill these with groats and bread and sometimes a draught of wine.”

Op die 2de Desember 1652 berig Jan van Riebeeck dat daar duisende swart mense in die Kaap aangekom het:

“In the evening we saw fires burning all over the country, from which we concluded and were also given to understand by Harry the Hottentot, that there were thousands of people in the neighborhood; so we had kept watch more vigilantly, although the natives display towards us, and we towards them, nothing but kindness and friendship.”

Op 6 Desember 1652 skryf Jan van Riebeeck in sy dagboek :

“Moreover if the cattle run away after having being bartered from them, they return the copper to us until they have brought the cattle back to our pasture grounds; but they need to be treated affably, kindly, resolutely and cheerfully, which is easily done and costs nothing.”

Op die 24ste Desember 1652 noem van Riebeeck in sy dagboek :

“In any case, the natives appear to be very much afraid of us, more so than before; we also notice that Harry seems to be more inclined towards the English – about whom he is always talking – than to us, and he may well therefore have advised the Saldanhars to hold back their cattle until the English come. We are in doubt, however, as to whether he faithfully interprets our words to them, for we have often been able to trade more successfully without him than in his presence.”

Die 26ste November 1652 kom Jan van Riebeeck tot die volgende gevolgtrekking aangaande Harry in sy dagboek :

“We therefore conclude from all Harry’s actions that he is causing us hindrance instead of doing us service in return for the way we have treated him from the time of our arrival till now. As we observed so plainly his roguery and treachery, we intimated our displeasure to him and told him that he was in a great measure the cause of our not being able to trade properly; also that he was to behave differently if we were to remain favourably disposed towards him.”

Op die 13de Desember 1652 lewer Jan van Riebeeck kommentaar oor die diefstal van die Saldaniërs. Hy skryf:

“These people daily give us sufficient cause by stealing and carrying away our possessions; we are so often subjected to this that we have enough reason for taking revenge by capturing them or their cattle. If one cannot get the cattle from them by friendly trading, why should one then suffer their thieving without making any reprisal?”

Dit is eers bykans ‘n jaar later gedurende Oktober 1653, dat Harry die Hottentot sy ware kleure wys, en die beeswagter vermoor en die Hollanders se beeste steel. Jan van Riebeeck skryf op Sondag die 19de Oktober:

“After divine service we were informed that Harry (employed as interpreter) had suddenly packed up and left with wife, children, huts and all his belongings while we were attending the service. …But while we were sitting at the table, we were also told that all the cattle were gone. We presently sent someone to investigate this, and forthwith received the news that the boy who always tended the cattle with the arquebusier Hendrick Wilders had been murdered by those people at the rump of the Lion Mountain while the arquebusier was away fetching their food from the cook.”

Op die 21ste Oktober 1653 besluit die raad volgens Jan van Riebeeck se dagboek dat :

“Notwithstanding the theft and removal of our cattle by these Hottentots, and as we were not able to catch them in the act, expressly to forbid our people (who are most embittered against them about this) to do the least harm to any of the natives on that account, wherever they might meet them.”

(The consternation, disappointment and indignation, but at the same time the restraint of van Riebeeck and his men at the faithlessness of Harry and the Strandlopers, are clearly shown in the resolution of the Council of Policy, just as in the Journal.Cv.C.1: Res.,C.of P.,1651 – 1663, pp 58 – 60.C.A.)

(Here is corroborated the statement already made by van Riebeeck in June 1651, ie even before he came out as Commander at the Cape, in his nader consideratie of bedenckinge on the remonstrance of Janssen and Proot, namely, that the Hottentots could certainly not be trusted but were a brutal gang, living without any conscience.)

Op 23 Julie 1659 teken Jan van Riebeeck in sy dagboek aan :

“This afternoon 15 persons were divided into 3 groups, who, in addition to the ordinary cattle herds, were stationed on the chief approaches used by our barbarous, marauding enemies.”

In 1659 breek daar toe ‘n oorlog uit tussen die Hottentotte en die Nederlanders, ná n aanval deur die Hottentotte. Nadat hulle deur die Nederlanders verslaan is, op die 6e April 1660 maak die Hottentotte aanspraak op hul ou eis van natuurlike eienaarskap. Daarna is hulle deur van Riebeeck vertel dat hulle hul aanspraak op die land verloor het as gevolg van die oorlog wat hulle verloor het. Hierna het die Hottentotte beswaar aangeteken omdat van die koloniste soms skape van hulle gesteel het. Hulle het toe besluit om die reg in eie hande te neem deur die beeste van die Nederlanders te steel. In antwoord hierop het Van Riebeeck toe vele voorbeelde genoem waar die oortreders in dié verband gestraf is. Van Riebeeck het ook toe aan hulle genoem dat die vrede nooit gehandhaaf kan word as die Hottentotte voortdurend die reg in eie hande neem nie, en indien daar dan nog ‘n oorlog is, gaan nog meer grondgebied van die Hottentotte afgeneem word, tensy hulle die Hollanders kon afdryf van die grondgebied af. Indien dit hul gekose plan van aksie was, het van Riebeeck genoem dat die Hollanders dan moes sien wat hul eie plan van aksie was.

Hierop het die Hottentotte geantwoord dat dit ‘n storie van die verlede was, en dat hulle dit nie weer sou oorweeg om die Nederlanders kwaad aan te doen nie, maar eerder die oortreders by die owerhede sou aankla.

Die land is dus verower in ‘n oorlog waarin die Hollanders hulself teen die Hottentotte moes verdedig.

Hierna spring die voorgenome wetgewing na 1913 toe en laat al die geskiedenis vanaf 1660 tot en met 1913 uit die voorgestelde wetgewing.

Die voorgestelde wetgewing lui nou verder so:

“The land act of 1913, the Urban Areas Act of 1923 and the subsequent amendments to it and the Native Trust and Land act, 1936, are some of the primary laws directed against African population. The effect of these Acts was that only 8% of South Africa’s total land area was set aside as native reserves.”

The land act of 1913 was an atrocious piece of legislation. It drove Sol Plaatje, a gifted writer, famously to exclaim: ‘Awakening on Friday morning, June 20, 1913, the South African native found himself, not actually a slave, but a pariah (uitgeworpene) in the land of his birth.’”

Wat is fout met bogenoemde stelling?

Shaka se plundertogte vanaf 1818

Die Zoeloes het op 1818 op plundertogte onder leiding van Shaka gegaan, en die hele subkontinent in chaos gedompel. Hierdie tydperk is as die tydperk van probleme beskou en is genoem die Difaqane in Sotho en die Mfeqane in Zoeloe. Sommige Zoeloes het in Gazaland in Mosambiek gaan bly, ander in Rhodesië, ander in Malawi, Tanzanië, Zambië, en die Kongo rondom die Tanganjika- en die Victoriameer.

Vir alle praktiese doeleindes was die gebiede waarheen die Voortrekkers in 1837 sou trek, dus onbewoon deur swartes. Van toe af het die Voortrekkers noordwaarts getrek, en moes hulself telkemale teen groepe swart aanvallers verdedig, wat op hul beurt deur Shaka ontwortel was. Die Voortrekkers verkry van Dingaan die reg op die grondgebied van Natal.

In 1839 stig die Voortrekkers die dorp Pietermaritzburg, en Potchefstroom in 1841.

Teen die einde van 1840 beheer die Voortrekkers die Vrystaat en Transvaal. Hierdie grondgebied is deur verdrae en verowerings verkry.

In 1852 en 1854 erken die Britse regering die Boererepublieke van die Vrystaat en die Transvaal tydens die Sandrivierkonvensie.

Nadat goud en diamante in die twee Boererepublieke ontdek is, probeer die Britse regering die twee republieke met mag en mening inpalm. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899, word die vegtende Boere se vrouens en dogters wat op die plase agtergebly het, in Britse konsentrasiekampe gestop en grusaam deur die Britte, sowel as deur swart Britse soldate verkrag en seksueel misbruik, sodat menigte dogters nooit kon trou of kinders hê nie. Tydens die vrouens en dogters se aanhouding in die konsentrasiekampe sterf daar sowat 26 000 van hulle.

Die Britte dreig om nog meer vrouens en dogters te verkrag, en pers die vegtende Boere sodoende af om te kapituleer, wat die Boere dan ook doen uit vrees dat ‘n hele geslag Boeredogters verlore sou gaan.

Deur verkragting as wapen te gebruik, steel die Britte en hul swart medeverkragters die Afrikaners se wettig verkrygde grondgebied.

In 1910 het die Unie van Suid Afrika tot stand gekom en Klousule 8 het aan die Afrikaners die reg gegee om self te bepaal wie stemreg in die Boererepublieke mag hê.

Met ‘n standpunt van hoogverraad, is die ANC in 1912 gestig en die South African Native National Congress genoem.

Vir ‘n groep wat in die nuwe Unie van Suid Afrika uit die staanspoor hoogverraad wou pleeg, was daar geen rede om hulle in ag te neem in die daaropvolgende jaar toe dit by grondtoekenning kom nie. Eerstens was die twee republieke die eiendom van die Afrikaners en volgens wet het die Afrikaners die wet aan hulle kant gehad om te bepaal wie dan ook sou stemreg kry.

Swartes was nog nie burgers van die Boererepublieke nie, en is deur die Engelse ingevoer om op die myne te werk.

Nog minder moes die boere die swart verkragters beloon, wat die Afrikanervroue en dogters in die Britse konsentrasiekampe so erg verkrag het, dat dit die Boere tot oorgawe gedwing het.

Van hierdie stuk geskiedenis word niks in die voorgestelde wetgewing melding gemaak nie, en verder niks melding gemaak van die feit dat dit die Afrikaners die wettige eienaars van die Vrystaat, die Transvaal en ook Natal maak nie; en dat dié stuk waarheid, eiendomsreg en geskiedenis eers verreken moet word voordat uitsprake oor die wettigheid van die reg op grond bepaal kan word.

Dis gerieflik dat Sol Plaatjie dié stuk geskiedenis van bykans 240 jaar op ‘n punt van “gifted writership” ignoreer. So ‘n stuk ontkenning maak alles makliker, of hoe?

Alvorens enige uitsprake gemaak kan word oor die eienaarskap van grond, moet hierdie stuk geskiedenis eers verreken word, indien daar enige integriteit en eerlike bedoelings in die beoogde onteieningswet is.

Verder verteenwoordig die beoogde wet op onteiening die volgende:

  • Naas die gryp van die Afrikaners se grond en minerale rykdomme, en die gebruik van verkragting van Afrikanervroue en dogters tydens ‘n volksmoord wat gerieflik geïgnoreer word, verteenwoordig die beoogde wetgewing ‘n verdere verkragting van die wettig verkrygde grondregte van Afrikaners;
  • Die beoogde onteieningswet is ook gebou op kommunistiese en ‘n terreurbeweging se gekonstrueerde propaganda en leuens wat, ter wille van die versterking van die leuen, die geskiedenis verkrag en verdraai;
  • Die wetgewing verteenwoordig insgelyks karaktermoord en karakterskending van die goeie naam van die Afrikaners sowel as hulle nasate;
  • In die geval van die barbaarsheid van hul eie geskiedenis, vind die ANC regering dit goed om eerder die karakter, aard en goeie naam van die werklike skeppers van Suid Afrika, die Afrikaners en die Voortrekkers, te beledig, sodat hul terreurbeweging meer aanvaarbaar kan voorkom.

Die beoogde wetgewing is voor God ‘n euwel, en verteenwoordig die onwettige verkryging van hulpbronne wat die ANC nie toekom nie.

паркет деревянный

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.