Swart Amerikaners is ook ‘Negers’

Deel op

Die Amerikaanse sensusburo het uitgebreide navorsing gedoen om die vraelys vir 2010 so goed as moontlik op te stel sodat die invullers behoorlike data oor ras en etnisiteit kan terugstuur.

Desnieteenstaande het lastige probleme reeds opgeduik, soos PRAAG vroeër berig het.

Veral Latyns-Amerikaanse inwoners is nie seker aan watter ras hulle behoort nie.

Shelley Lowe, ‘n sensuswoordvoerder sê ras en etnisiteit is twee vreemde begripe vir sekere mense en “hulle vind dit moeilik om te verstaan”.

Die Latyns-Amerikaanse gemeenskap stuur nie die vorms terug nie, en sensuswerkers moet van huis na huis gaan om die inligting te versamel.

In sulke gebiede moet die owerhede ses keer soveel sensuspersoneel ontplooi as in wit gebiede om data te versamel.

In die navorsing wat die sensusburo gedoen het voordat die vorms opgestel is, het hulle bevind dat ras en etnisiteit nie geredelik van mekaar te onderskei is vir Latyns-Amerikaanse inwoners nie.

Nogtans het Latyns-Amerikaanse organisasies aangedring op verskeie vrae oor die kwessie en nie ‘n enkele vraag nie.

Lowe sê die spesifieke bewoording is meermale getoets. Dit is byvoorbeeld waarom die woord “Neger” saam met “Swart” en “Afro-Amerikaans” verskyn.

Volgens Lowe verkies swartes dit steeds om “Neger” self in te vul by die twee bogenoemde terms.

“Die woord vind aanklank by sekere mense,” het sy gesê.

Vir die 2010 sensus is verskillende opsies ook gedruk en uitgedeel sodat die sensusburo die koers van terugbesorging en datagehalte kan monitor vir 2020 se opname.

videoФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.