Noordwes se wapenamnestie sluit Donderdag

Deel op

Sowat 1033 vuurwapens is in die Noordwes ingedien sedert die begin van die vuurwapen-amnestie veldtog, het die provinsie se departement van openbare veiligheid Maandag gesê.

Die polisie het sowat 120 verdere vuurwapens tydens ander operasies teruggevind, het Lesiba Kgwele, woordvoerder van die departement gesê.

Die departement het die amnestie veldtog op 11 Januarie geloods, en dit eindig Donderdag.

Die veldtog het ondersteuning van verskeie ander organisasies gekry insluitend die Noordwes-taxivereniging.

Vuurwapen vervaardigers met te veel vuurwapens en ammunisie is ook aangemoedig om dit in te handig.

игрушка майнкрафтtopcargo

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.