Cosatu wil nie skiet-die-boere lied verbied sien

Deel op

Die vakbond Cosatu het Maandag gesê die lied ‘skiet die boere’ behoort nie verbied te word nie en omdat dit deel vorm van die geskiedkundige stryd teen apartheid.

“Cosatu stem ten volle saam met die ANC se argument dat die lied deel vorm van die mense se geskiedkundige stryd teen apartheid,” het die vakbond in ‘n verklaring gesê.

Die hooggeregshof in Johannesburg het Vrydag bevind dat die gebruik van die woorde “dubula ibhunu” (skiet die boere), ongrondwetlik en onwettig is.

Cosatu het ook hul kommer uitgespreek oor die hooggeregshof se bevinding, en voer aan dat indien die woorde letterlik geïnterpreteer word, dit mag voorkom asof die lied ten gunste van rassehaat en geweld is.

“Die woorde reflekteer die woede van mense wat aangeval en vermoor is. Al die basiese regte was hulle ontneem en hulle kon nie wettig of grondwetlik terugbaklei nie.”

Die liedere wat in daardie dae gesing is, reflekteer die mense se swaarkry, het Cosatu gesê.

детские палатки домикилобановский политик

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.