N4 se tolhekke dalk ontwrig

Deel op

Tolhekke op die N4-snelweg in Mpumalanga gaan dalk nie van vandag af beman word nie.

Lede van Satawu, die South African Transport and Allied Workers Union, gaan oor looneise staak.

Onderhandelings oor loonverhogings met die werkgewer Trac, Trans African Concessions, was glo nie suksesvol nie.

Mense wat die stakers goedgesind is, wil ook Woensdag na die tolhek tussen Middelburg en Witbank opruk.

Vusi Ntshangase, provinsiale Satawu-sekretaris, het aan Beeld gesê hulle beplan nie om die hekke of paaie te versper nie, “maar omdat simpatiseerders by ons kan aansluit, kan ons geen versekering gee dat motoriste nie ontwrig sal word nie”.

sign upОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.