Die Britse koerant, The Sunday Times, het gister berig oor die “uitwissing van Suid-Afrikaanse boere” en die ANC se volharding in die sing van “vryheidsliedjies” waarin hul ondersteunders tot moord op Boere en Afrikaners aangehits word.
Die koerant noem die syfer van 3000 boere wat sedert 1994 vermoor is.
In leserskommentaar by die berig op die koerant se webblad word parallelle getref tussen Zimbabwe en Suid-Afrika, met menige leser wat voorspel dat die land uiteindelik dieselfde verwoesting en hongersnood as sy noordelike buurman tegemoet gaan.