Twee bomaanvalle, veertig minute uitmekaar, het Maandagoggend Moskou se ondergrondse treinstelsel geruk.
Minstens 37 mense is dood tydens die twee ontploffings wat gedurende oggendspitsverkeer plaasgevind het.
Die eerste aanval het ‘n trein in sentrale Moskou se simboliese Lubjanka-moltreinstasie getref. Die Lubjanka-voorstad is die setel van die Russsiese geheimediens.
‘n Tweede ontploffing het daarna die Park Kultury-stasie, waar museums en kunsgallerye onder meer is, ontwrig.
Veertien passasiers in die trein by die Lubyanka-stasie is dood en 11 ander, wat op die platform gewag het, is ook noodlottig beseer.
Die aanval by die Park Kultury-stasie het die lewens van 12 passasiers geëis.
Daar is gerugte dat terroriste dié aanval geloods het, omdat Moslemekstremiste voorheen aanvalle in Moskou uitgevoer het met die aanbreek van lente.