Wat het van ons stemme geword?

Deel op

“Ons sal jul stem wees.” ‘n Baie stil stem, blyk dit opnuut noudat die ANC aangedui het dat dié organisasie gaan appelleer teen ‘n Hooggeregshofbevel dat die sing van ‘n liedjie, “Skiet die Boere want hulle is verkragters”, verbied word.

Die ANC het ook traag van die liedjie, “Kill the Boers, kill the farmers”, afgesien nadat dié liedjie ook met baie moeite tot haatspraak verklaar is.

Maandag vra Afriforum en TLU SA ook ‘n interdik aan wat Julius Malema sal verbied om die liedjie te sing.

Nie baie mense het “geval” vir die verkiesingsbelofte van “ons sal jul stem wees” nie, maar dit is nogtans hinderlik hoe stil dit uit daardie geledere is wanneer verkiesingsbeloftes so blatant vertrap word. Daar is nie eens ‘n piep uit die ANC van die destydse selfverklaarde Trojaanse perd se ruiters nie.

Daar kan in hierdie stadium maar net bloot bespiegel word oor die motief van die ANC om nou die polarisering in die land so hoog te jaag. Juis nou, noudat die oë van die wêreld op Suid-Afrika gerig is. Berigte in die buitelandse pers waarin onbesonnenhede van die regeringswoordvoerders, en geweldsmisdaad hier te lande aan die groot klok gehang word, neem toe. Gister het die Nederlandse koerant Trouw die rekord aantal slagoffers verlede jaar as gevolg van polisieskietery onder die loep geneem en sommer na die land se gewelddadige status verwys.

Om juis nou die vure te stook, maak eenvoudig nie sin nie. Agri SA bespiegel kliphard dat die skerp toename in plaasaanvalle die eerste drie maande van vanjaar verband hou met politici se haatspraak.

Tussenin word ‘n erg onverkwiklike koers met pleknaamveranderings gevolg. Gemoedere word in ‘n oorverhitte klimaat opgejaag. In die Vrystaat is hierdie kwessie juis ten nouste verweef, aangesien ‘n klag van haatspraak teen die voorsitter van die pleknamekomitee gelê is, en die Menseregtekommissie aandui geen vordering kan gemaak word nie omdat hulle hierdie voorsitter kamma nie kan opspoor nie.

Stuk-stuk word die Kemptonparkse skikkingsooreenkomste van die tafel gevee.

Liberaliste vind skielik dat hulle in hoeke vasgeverf word. Bekpraatjies oor hoe die land se probleme deur filantropiese benaderings aangespreek kan word, beland nou op die ashoop.

циклёвка паркета своими рукамиtopcargo развод

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.