Zuma steun Zimbabwe se pogings om sanksies te laat ophef

Deel op

Die Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma het Vrydag tydens ‘n besoek aan Uganda weer sy oproep herhaal dat Westerse sanksies teen die Zimbabwiese president Robert Mugabe se regime opgehef behoort te word.

Tydens ‘n gesamentlike perskonferensie met die Ugandese president Yoweri Museveni aan die einde van ‘n twee dae lange staatsbesoek het Zuma aangevoer die sanksies skep ‘n wanbalans in Zimbabwe se nasionale eenheidsregering.

“Een deel van die regering wat die MDC verteenwoordig werk op volle sterkte, want hulle kan na die buiteland reis en mobiliseer, terwyl die ander kant nie doeltreffend kan funksioneer nie as gevolg van die beperkinge. Daarom het hierdie sanksies ‘n hindernis geword,” het Zuma gesê.

Sowel die Europese Unie as die Verenigde State van Amerika handhaaf ‘n reisverbod en ‘n batebevriesing teen Mugabe, sy vrou en sy binnekring uit protes teen omstrede 2008-verkiesings en die beweerde menseregtevergrype deur sy regering.

‘n Magsdelingregering tussen Mugabe se Zanu-PF en sy mededinger Morgan Tsvangirai se Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC) het in gebreke gebly om te groot vooruitgang te maak nadat dit ‘n jaar gelede saamgestel is, ná bemiddeling deur Zuma se voorganger, Thabo Mbeki.

“Zanu-PF het hierdie kwessies geopper, dat die sanksies is nie die eenheidsregering toelaat om teen sy volle sterkte te funksioneer nie,” het Zuma aangevoer.

“As die sanksies opgehef is, sal ons vinniger vooruitgang kan maak,” het hy bygevoeg.

Museveni het Zuma se posisie in ‘n gesamentlike verklaring gesteun.

Zimbabwe se veral in ‘n politieke en ekonomiese krisis het 10 jaar gelede begin, toe Mugabe ‘n referendum oor ‘n nuwe grondwet verloor het oor ‘n nuwe grondwet, wat die magte van ‘n man wat sedert onafhanklikheid in 1980 heers, sou uigebrei het.

Zuma is na Uganda met ‘n afvaardiging van kabinetsministers en sakeleiers om oor ‘n verskeidenheid bilaterale aangeleenthede te praat, insluitend beleggings in dié Oos-Afrikaanse land se nuutgevonde olierykdom.

free games onlineФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.