PAC dreig Malema met dood

Deel op

Die Pan-Afrikanistiese Jeugkongres, afgekort na Payco in Engels, het gedreig om die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, dood te maak as hy nie om verskoning vra omdat hy die land mislei het oor die Sharpeville-opstand nie.

“As Malema nie binne vyf dae om verskoning vra nie, gaan ons hom so ernstig beseer dat hy aan sy wonde beswyk. Hy sal of in die hospitaal of in ‘n lykhuis opeindig,” het Pitso Mphasha, president van Payco, gesê.

Malema het gesê die gebeure van Sharpeville “behoort” aan die ANC en nie aan die PAC nie en dat die PAC dié gebeure “gekaap” het.

Dit is ‘n manier om Malema op die militante manier dissipline te leer, het Mphasha gesê.

Hy het ook die regering 10 maande gegee om die naam van Menseregte-dag na Sharpeville-dag te verander.

Mphasha het gewaarsku dat die PAC die land gaan “omkeer” as die regering nie luister nie.

дизайн бани с комнатойДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.