Eiland weg!

Deel op

Twee honde baklei oor ‘n been, en die derde loop daarmee weg. Of in die praktyk, twee lande stamp koppe oor die besitreg van ‘n eiland, maar dan sluk die see die eiland in.

SAPA berig Indië en Bangladesj was dertig jaar lank haas oor wie eintlik die besitreg op New Moore-eiland het, maar nou het Moeder Natuur die geskil vir hulle besleg. Hierdie eiland van sowat 3 Km by 3,5 Km is nou skoonveld, volgens satellietfoto’s.

Wetenskaplikes het daarop gewys dat die watervlak in die Baai van Bengalke jaarliks heelwat styg. Tot die jaar 2000 het dit met 3 mm per jaar gestyg, maar sedertdien met 5 mm per jaar.  Ander bronne dui aan dat die styging in seevlak al in die 90’s 7 mm per jaar beloop het.

Dis nie die eerste eiland wat deur die see ingesluk is nie. In 1996 het die nabygeleë Lohachara letterlik ondergegaan en moes die inwoners na die vasteland verhuis.

Die vasteland self blyk maar ‘n onsekere affêre te wees, met voorspellings dat 18 % van die land se kusgebiede teen 2050 onder water sal wees, en 20 miljoen mense sou moes skuif.

Hoewel die meeste bronne die oorsaak vir Bangadesh se sinkende kusgebiede by aardverwarming soek, dui omsigtiger studies ook ander redes aan.

Hieronder wys van die navorsers daarop dat heelwat deltagebiede, en dus ook dié van Bangadesj, jaarliks tonne materiaal afvoer wat ‘n bykomende druk op die aardkors plaas, wat die aardkors laat sink. Gebeur dit vinniger as wat nuwe materiaal bo afgeset word, daal die omgewing. In die geval van Bangladesj is baie van die afgesette materiaal organies, wat verweer, terwyl die bykomende gewig van lae in ieder geval kompakterend inwerk.

пупсы купитьпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.