Ernie wil nie oor Tiger praat nie

Die Suid-Afrikaanse gholfspeler Ernie Els het weggeskram van sy beskrywing van Tiger Woods as “selfsugtig”, maar steeds die uitwerking wat die Woods-skandale op die sport én sy spelers het, beklemtoon.

Els het op die vooraand van die Arnold Palmer-uitnodigingstoernooi gesê sy uitlatings verlede maand was meer gemik op Woods se tydsberekening van sy openbare verskoning, wat op ‘n Vrydag tydens ‘n toernooi plaasgevind het, as na die kampioen self.

“Ek het net gevoel Vrydag was nie die regte dag nie,” het Els gesê. “Ons moes aan ‘n toernooi deelneem en miskien was dit ék wat selfsugtig was omdat ek eerder wou gholf speel in plaas van oor Tiger se privaat lewe gesels,” het hy gesê.

“Dit is moeilik vir ons om oor Tiger te praat in so tipe situasie,” het Els gesê.

“Ek wil graag vra dat joernaliste ophou om ons oor Tiger uit te vra. Dis sy lewe en ons het niks verder daaroor te sê nie, vra ons liewer uit oor voëltjies en baansyfers.”

tops online comАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.