Nuwe mensspesie ontdek

Deel op

‘n Nuwe mensspesie is in Rusland ontdek nadat DNS-toetse op ‘n vingerbeen gedoen is.

Die been is in Siberië opgegrawe, het wetenskaplikes in Duitsland Woensdag gesê.

Die mens, wat omtrent 30 000 jaar gelede geleef het, het nie aan die Homo sapiens-spesie behoort nie – die enigste vorm van menslike lewe vandag.

Die persoon was ook nie ‘n Neanderdalmens, ‘n spesie wat 35 000 jaar terug uitgesterf het, nie.

Die Max Planck-instituut vir evolusionêre antropologie in Leipzig het die ontdekking gemaak, wat in Donderdag se wetenskapsjoernaal Nature verskyn.

Die bevinding versterk die moontlikheid dat daar nóg ‘n emigrasie van voorouers uit Afrika was, waar alle Homo-spesies se wortels lê.

Wetenskaplikes het voorheen geglo dat slegs Homo sapiens, Neanderdalmense en Homo erectus (’n voorsaat van die moderne mens) dié langafstand hervestiging kon maak.

slot sites ukФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.