Israeli diplomaat uit Brittanje gesit

Deel op

Die Britse minister van buitelandse sake, David Milliband, glo dat Israel Britse paspoorte misbruik het in die sluipmoord op ‘n Hamas-amptenaar in Doebai .

NUUT!

“In die lig daarvan dat hierdie ‘n baie gesofistikeerde operasie was waarin hoë-kwaliteit vervalsings gemaak is, sien die regering dit as baie waarskynlik dat die vervalsings deur ‘n staatsintelligensiediens gemaak is,” het Miliband aan parlementslede gesê.

“Hierdie, tesame met ander ondersoeke met ‘n verbintenis met Israel wat deur die Britse agentskap teen ernstige georganiseerde misdaad (Soca) gedoen is, het ons by die slotsom gebring dat daar oortuigende redes is om te glo dat Israel verantwoordelik was vir die misbruik van die Britse paspoorte.”

Miliband het ook bevestig dat ‘n Israelse diplomaat op sy versoek onttrek is. Hy is twee weke gegee om Brittanje te verlaat. ‘n Segsman het namens Gordon Brown gesê die premier ondersteun die besluit.

Die Mossad, Israel se geheime diens, word allerweë vir die sluipmoord op Mahmoed al Mabhoeg op 20 Januarie in ‘n luukse hotel verantwoordelik gehou.

Ander identiteite wat in die sluipmoordaanval gebruik is, is na bewering Iers, Frans en Australies, volgens die Doebaaise polisie.

Interpol het lasbriewe vir die inhegtenisname van 27 verdagtes in verband met die moord uitgereik.

оборудование для автомойкиДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.