Sarkozy kry lelik pak slae

Deel op

Nicolas Sarkozy is pas ‘n vernederende nederlaag toegedien. Hy het tydens die afgelope plaaslike verkiesings in Frankryk die slegste uitslag vir sy party in meer as ‘n half-eeu behaal.

Die UMP kon net 36% van die stemme trek, terwyl die Sosialiste 54% op nasionale vlak gekry het.

Dié plaaslike verkiesingsuitslag is die finale groot toets vir Sarkozy en die middelregse UMP-party voor 2012 se presidensiële verkiesings.

Slegs in een van Frankryk se 22 hoofstreke kon die UMP wen.

Francois Fillon, Franse premier, sal vandag met Sarkozy vergader om die swaar verliese wat hulle gelei het, te bespreek. Alhoewel daar nie verwag word dat Fillon sal bedank nie, sal sekere ministers in die pad gesteek word.

‘n Sukkelende ekonomie, groeiende werkloosheid en dikwels onsamehangende beleidsformulerings het volgens Fillon die beroerde uitslag bepaal.

‘n Groot verrassing was die vertoon van die verregse Front National wat met mening ten koste van die UMP terug is. Hulle het nasionaal 9,4% behaal maar in kernstreke meer as 22%.

Nadat Sarkozy president geword het op die rug van ‘n verkiesingsveldtog wat baie by die FN geleen het, het kommentators die party van Jean-Marie Le Pen afgeskryf.

Martine Aubry was nie openlik triomfantelik oor haar party se goeie vertoning nie, maar haar posisie as leier van die Sosialistiese Party is na dese aansienlik gesterk.

game playлобановский александр жена

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.