Geweld breek by skool uit na gyselaarsdrama

Deel op

Agt mense gaan in die Christiana-landdroshof verskyn nadat hulle glo ‘n skoolhoof en onderwysers as gyselaar aangehou het, het die polisie in die Noordwes gesê.

Insp. Wilmarie van der Merwe het gesê die agt was deel van ‘n groep van 500 mense wat Vrydag dié mense by die Hoërskool Lerona aangehou het.

Sy het gesê die groep het hulself in die skool toegesluit en die skoolhoof en onderwysers in ‘n kantoor.

Die polisie is ontbied en toe hulle die hek oopmaak het leerders hulle met klippe bestook.

In reaksie het die polisie rubberkoeëls gevuur en agt mense in hegtenis geneem.

Geen beserings is aangemeld nie.

Charles Raseala, ‘n woordvoerder van die departement van onderwys in die Noordwes, het gesê opvoeding by die skool is nie Dinsdag ontwrig nie.

Raseala het gesê Johannes Tselapedi, provinsiale minister van onderwys gaan ‘n beampte na die skool stuur om vas te stel wat dié geweld veroorsaak het.

купити конструктор легоtopcargo отзывы сотрудников

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.