Die digste element in die heelal is ontdek

Deel op

‘n Groot navorsingsinstituut het so pas aangekondig dat hulle die digste element  in die heelal ontdek het.  Die nuwe  element heet Ancenium.  Ancenium het een neutron, 12 assistent-neutrone, 75 adjunkneutrone en 224 assistent-adjunkneutrone.  Dit gee aan Ancenium ‘n atoomgewig van 311, die swaarste wat tot op hede aan die wetenskap bekend is.

Donker kragte wat as IK75-morone bekend staan, hou die dele bymekaar. Hulle word omring deur ‘n groot aantal pionagtige partikels wat soos kleptone lyk.

Die simbool van Ancenium is AnC.

‘n Merkwaardige verskynsel is dat Ancenium se massa met tyd vermeerder deurdat verskillende elemente in die atmosfeer na willekeur met die morone reageer.  Daardeur word assistentp-neutrone binne die Ancenium-molekule geskep, wat op sy beurt weer aanleiding tot die vorming van isobesope gee, by veral ouer molekules.

Hierdie eienskap van moroonvermeerdering het sommige wetenskaplikes laat glo dat Ancenium gevorm word wanneer morone ‘n bepaalde konsentrasiedrempel bereik het.  Hierdie hipotetiese getal word die Kritieke Moerass genoem, wat nie met IK75 verwar moet word nie.

Wanneer dit met geld gekataliseer word, word BEEnium gevorm.  Dit is ‘n element wat duisend maal meer uitstraal as wat sy massa werklik is. Hierdie uitstraling kom in die vorm van ‘n onsamehangende energie wat as Melemania bekend staan, en wat, volgens wetenskaplikes, die potensiaal besit om ‘n hele beskawing te vernietig.

Wetenskaplikes, soos prof Naspersen, werk volstoom aan ‘n formule om Malemania teen te werk, maar die sterk invloed van Ancenium in die ruimte het alle pogings tot dusver in die wiele gery.  Hulle werk byvoorbeeld daaraan om Ancenium se neutron, ook bekend as JZ, te verwyder deur ‘n laser op die neutron se swakhede te fokus.

платье для девочкилобановский харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.