Die SABC en taal

Deel op

Dit lyk asof die SABC besig is om die wiel te herontwerp.

Dit is nou reeds in reklamekringe baie bekend dat miljoene rande verloor is omdat adverteerders na opnames aanvaar het dat die meerderheid kykers Engels verkies. Advertensies in Engels het egter nie die resultate gelewer wat die meningspeilings aangedui het dat dit sou nie.

‘n Tweede opname waar spesiale apparate aan TV’s gekoppel is, het aan die lig gebring kykers sê moontlik hulle verkies Engels, maar in die praktyk kyk hulle na programme in hul moedertaal.

Nou sê mnr. Solly Mokoetle, nuwe groephoof van die SABC, dié instelling verstaan nie hoekom die nasionale uitsaaier se 19:30-nuusbulletin op TVeen 2,96 miljoen kykers trek teenoor die 886 000 vir die sogenaamde vlagskip-uitsending om 19:00 op TV-3 nie. Die meer gewilde is in Zoeloe, en die minder gewilde in Engels.

Vanoggend haal Volksblad Mokoetle aan: “Die nuusinsamelingsproses van die SABC word gedryf deur die Engelse taal en ons verwagtinge was dus dat die bulletin wat op die toepaslike tyd in Engels geskeduleer is, kykersgroei sou dryf. Ons kan nie verstaan dat die 19:30-nuusbiulletin die grootste nuusbulletin geword het nie.”

Die antwoord is egter nie bloot dat moedertaal ‘n baie belangriker saak vir mense is as wat die sogenaamde Engels-elitiste dink nie. Die syfers toon ook dat namate kykers nie meer SABC 3 se 19:00 nuus in Engels kyk nie, die aantal kykers van e-TV se nuus, ook in Engels, om 19:00 gegroei en nou 1,26 kykers trek.

Mokoetle erken die SABC het te veel base en te min kundige mense wat die werklike werk doen.

Die mate waarin die minister van kommunikasie se beweerde tenderpreneurskap veral internetnuusdienste besig hou, maar op die oog af totaal op die SABC se nuusbulletins afwesig is, versterk die persepsie van “His Master’s voice”. Met “His Master,”, die ANC, wat nou danksy vrot dienslewering, Malema se sangtalent en ander faktore onder skoot is, stel baie mense skynbaar net nie meer belang in wat die “master” te sê of te sing het nie.

Daar is ‘n groot verskil tussen ‘n werklike openbare uitsaaier, en ‘n verlengstuk van die regerende party.

баня своими рукамиФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.