Afrikanerskap is uit lyding gebore

Deel op

Attie Juyn skryf in ‘n insiggewende brief oor Afrikanereenheid. Om die Afrikaner te verstaan, moet jy so ‘n paar geslagte terugkyk na die einde van die tweede vryheidsoorlog. Ongekende smart en hartseer is deur ons grootouers se ouers en dié se ouers deurgemaak.

Ná die Boere oorwin is, het die Britte ‘n strategie van verskroeide aarde gevolg om die bittereinders tot oorgawe te dwing. Dit het beteken dat al die vroue en kinders in konsentrasiekampe geplaas is, en die meeste mans in gevangeneskap weggevoer is.

Die meeste ander groepe in die land het ook teen die Afrikaner geveg. Die Britte het ook die jong dogters verkrag wanneer hulle die kans gekry het. Die Indiërs, Kleurlinge en Kapenaars het almal teen die Boere wapens opgeneem. Ook die uitlanders wat op die myne gewerk het, en selfs sommige Afrikaners het saam met die Britte geveg.

Alhoewel sommige swartes die Boere gehelp het, het daar heelwat van hulle die wapen teen die Boere opgeneem. Hulle is veral in die blokhuise gebruik om die Boere se bewegings dop te hou. Ook het hulle inligting oor die Boere se bewegings verskaf. So hier het jy al die groepe in die land wat teen die Boere veg. Net sowat 6 000 blanke Afrikaners van die kolonies het hulle by die Boere geskaar, asook ‘n paar honderd uitlanders.

In die konsentrasiekampe was daar 110 000 Boere en het daar 24 000 of 50% van die Boere se kinders van siekte en honger omgekom. Eers nadat Emily Hobhouse die kampe in 1901 besoek het en die nuus van die volksmoord teruggeneem het na Engeland, het die Britte die toestande heelwat verbeter. Om helfte van jou kinders te sien sterf van honger en siekte terwyl jy gevange gehou word in jou eie land sal jou die donder in maak tot in die vierde geslag, veral vir ander groepe in die land, en ook die Afrikaners wat soos hanskakies of hensoppers lyk.

Om die punt te illustreer, wys ek met groot respek ‘n foto van die Boereheldin Lizzie van Zyl. Die foto van haar jong lewe wat so tragies tot ‘n einde gekom het, het die Britse publiek teen die oorlog laat draai en die Britse parlement (nogals die liberales wat die konserwatiewes daartoe gedwing het) kon nie anders as om die toestande in die kampe te verbeter nie. As dit nie vir haar lyding en foto was nie, sou baie duisende meer Boere en veral Boerekinders omgekom het.

Dink daaraan as dit jou kind was, en jy kon niks doen om haar te help nie. Dít, Attie, is waar die Afrikaner vandaan kom.

Ek stem saam dat die Afrikaner sal moet leer om saam te staan en saam te stem sodat vordering gemaak kan word. Veral die manier van die Afrikaner om die ouens wat nie met hulle saamstem nie as vyande aan te sien, is heeltemal onnodig. Elkeen is op sy eie standpunt geregtig.

social networking advertisingлобановский александр отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.