Mevrou Hogan mislei belastingbetalers om Madiba te beskerm

Deel op

Meneer Mandela het die openingsrede van die Hillside-aluminiumsmelter gelewer, en ook die uitvoer van goedkoop krag na die daaropvolgende smelter in Mosambiek, sy nuwe vrou se tuisland, goedgekeur.

Australië wek nes Suid-Afrika 90% van sy krag met steenkool op, maar nogtans is dit vir BHP Billiton beter om Australiese erts na die anderkant van die aardbol, na Suid-Afrika te verskeep, eerder as om dit in Australië waar die erts gemyn word, te smelt.

Vanaf Suid-Afrika en Mosambiek word die meeste van die Australiese aluminium weer terug gevaar na die anderkant van die aardbol, en in die Ooste verkoop.

Vandag is aluminiumsmeltkrag wat Eskom aan BHP BIlliton lewer selfs goedkoper as die materiaalkoste van Suid-Afrikaanse steenkool. Waarde word dus vernietig, soos weerspieël in die onlangse R9,5 miljard Eskom-verlies, vir die rekening van die belastingbetaler.

Meer krag is nodig om veel meer van Suid-Afrika se eie inheemse chroom-, mangaan- en platinumertse op plaaslike bodem te smelt, sodat die waardetoevoeging van ons primêre mynprodukte hier ter plaatse plaasvind. Daarom het Standard Bank gevra dat die vraatsige BHP-roofsmelters in Suid-Afrika gesluit moet word.

Tans word miloene tonne Suid-Afrikaanse chroom- en mangaanertse spotgoedkoop uitgevoer, weens ‘n tekort aan krag. Suid-Afrika beskik oor 80% van die aarde se ekonomies ontginbare chroom en mangaan, genoeg om aan elke Suid-Afrikaner ‘n formele werk te verskaf, sou meer waarde tot hierdie plaaslike primêre produkte gevoeg word.

Dit was die versiende meneer Mandela se uitgesproke bedoeling met die opening van die Hillside-, en latere Mozalaluminiumsmelter: “By using energy generated from our abundant supplies of coal to produce aluminium, the smelter will contribute to the drive to add more value to our primary products before export.”

Die vraag moet dus nou gevra word: is meneer Mandela mislei?

Meneer Mandela is nie ‘n myner nie. Is hy eerlik ingelig dat Suid-Afrika glad geen aluminiumerts het nie, en dat die miljoene tonne uitheemse aluminiumerts vanaf Australië ingevoer sou word? Om daarna weer verskeep te word vir werkskepping in China en ander mededingerlande?

Dít terwyl Australië genoeg steenkool het om sy eie aluminiumerts te smelt, maar dit nie doen nie, omdat Suid-Afrika se steenkool vir die smelt van Australiese aluminium benede Eskom produksiepryse verbrand word, sodat arm Suid-Afrikaanse verbruikers en voorheen benadeelde belastingbetalers die verliese moet betaal.

Vergelyk dit – Suid-Afrika se armoede – met Marius Kloppers se BHP-Billiton-salaris sowel as wit en welgestelde Australië se Bruto Binnelandse Produk, wat danksy aluminiumroofsmelt ry op die rug van ‘n arm Suid-Afrika se swart hulpbronne, weens meneer Mandela se misverstand.

Regstellende aksie is nou nodig, maar mevrou Hogan van die ANC blameer apartheid, pleks van as minister van openbare ondernemings oop kaarte met die arme belastingbetaler te speel.

общегаражное оборудованиеданильченко юрій броніславович компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.