Vrystaatse boere beskuldig Xingwana van haatspraak

Deel op

Image

Lulu Xingwana

Bloemfontein – Komende na TLU-SA en Agri-SA, het die Vrystaatse Landbou-unie die ANC-minister van landbou, Lulu Xingwana, van haatspraak beskuldig weens haar aantygings oor die mishandeling van plaaswerkers en wydverspreide onmenslike, onwettige uitsettings in die bedryf.

Deel op
Bloemfontein – Komende na TLU-SA en Agri-SA, het die Vrystaatse Landbou-unie die ANC-minister van landbou, Lulu Xingwana, van haatspraak beskuldig weens haar aantygings oor die mishandeling van plaaswerkers en wydverspreide onmenslike, onwettige uitsettings in die bedryf.

“Sy beskuldig ons van moord, verkragting en uitsettings,” het die Vrystaatse Landbouvoorsitter Louw Steytler Vrydag gesê.

“As dit nie haatspraak is nie, weet ek nie wat dit is nie,” het hy teenoor boere tydens ‘n streeksvergadering van Vrystaatlandbou in Bloemfontein opgemerk.

Die hoof van die Vrystaatse veiligheid- en sekerheidsdepartement, Jack Klaas, het soortgelyke “ongetoetsde stellings”gedurende ‘n plaaslike landboukonferensie gemaak.

“Nie een van die insidente waarna hy verwys is as waar bewys nie,” het Steytler gesê.

Klaas het beweer dat: ’n Vrystaatse boer ’n werker agter sy bakkie aangesleep het; dat plaaswerkers se ID-dokumente gekonfiskeer word; en dat rassistiese tekens by plaasingange opgesit word.

“In al my tyd as voorsitter en adjunk-voorsitter van die Vrystaatse Landbou-unie, is daar vyf uitsettingsgevalle geïdentifiseer en bevredigend gehanteer in samewerking met alle rolspelers,” het Steytler voortgegaan.

Xingwana se beskuldigings was veralgemenings wat as misdadige optrede nie net in die landbousektor nie, maar in die breër samelewing sou manifeesteer, het hy gesê. Hulle druis in teen die beginsels van die grondwet en “wat ons in die land wil bereik”.

Die minister kan nie toegelaat word om met haar beskuldigings weg te kom nie, het Steytler gesê en het boere verseker dat georganiseerde landbou die saak op nasionale vlak ondersoek. Hy het bygevoeg dat voorbereidings ver gevorder was vir ’n moontlike hofsaak deur Vrystaatlandbou teen die regereing oor die menseregteskendings teen boere op die Lesothogrens.

светильник купитьtopcargo отзывы сотрудников

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.