‘Hoekom geld menseregte nie vir almal nie?’

Deel op

“Hoekom geld menseregte nie vir almal nie?” is die vraag wat die VF Plus-jeug vandag tydens ‘n stil-protesaksie buite die Appèlhof  in Bloemfontein aan die ANC-regering gestel het.

Die VF Plus-jeug het aangedui dat dit die eerste van ‘n reeks beplande aksies is. ‘n Groep VF Plus-jeuglede het vandag buite die Appèlhof met hul hande vasgemaak deur kettings en hul monde toegeplak, gestaan.  “Dit simboliseer die feit dat die Afrikanerjeug uit die land gedryf word deur kwotastelsels en regstellende aksie en dat ons regte oral ingeperk word,” het Jan van Niekerk, Nasionale Jeugleier van die VF Plus gesê.

“Die jeug is moeg daarvoor om steeds soveel jare na die afskaffing van apartheid, ‘n prys daarvoor te moet betaal,” het Van Niekerk gesê.  Van Niekerk het verduidelik dat die VF Plus-jeug genoodsaak is om teen die regering te protesteer. “Dit is onaanvaarbaar dat die ANC nou die rassistiese haatspraak van Julius Malema regverdig.  Die ANC en die regering moet besef dat apartheid verby is en dat hulle nou moet ophou om te diskrimineer en te onderdruk,” het Van Niekerk bygevoeg.

Meer as 70 000 gegradueerde Afrikaners verlaat die land elke jaar, meestal as gevolg van die regering se rassistiese wetgewing en beleide; van die ongeveer 2500 enkelmedium Afrikaanse skole in 1994, is daar minder as 300 oor en sowat 352 per 100 000 boere word jaarliks wreedaardig op plase vermoor.   Die VF Plus-jeug glo dat daar nie oor menseregte gepraat kan word, wanneer groep-, taal- en kultuurregte geïgnoreer word nie.

Die VF Plus-jeug eis dat die regering nou daadwerklik begin om regstellende aksie en kwotas af te skaf.  Van Niekerk sê dat Suid-Afrika nooit vooruitgang sal sien so lank as wat daar slegs op die verlede gefokus word en die probleme van die hede geïgnoreer word nie.

Die VF Plus-jeug is die enigste stem wat die Afrikanerjeug verteenwoordig, aangesien die VF Plus die enigste politieke party is wat daadwerklik teen kwotas en regstellende aksie gekant is.

веники из можжевельника когда заготавливатьФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.