Wat maak die ANC by Sishen?

Deel op

Die VF Plus neem met afkeur kennis van die ANC regering se onophoudelike magsmisbruik om op omstrede wyse by vryemarkondernemings betrokke te raak, so sê mnr Jaco Mulder VF Plus hoofwoordvoerder vir Handel en Nywerheid.

Dit volg na die aankondiging deur die Minister van Minerale Sake dat Imperial Crown Trading 289 die derde party geword het wat prospekteerregte verkry het vir ystererts by Kumba Yster se myn te Sishen.

Mnr Andrew Hendricks, die eggenoot van die voormalige minister van Mineraal- en Energiesake, Minister Lindiwe Hendricks is ingesluit op die raad van Imperial Crown. Ander direkteure sluit in Monica Ripepi, wie se besigheid dit is om rak maatskappye op te stel en te verhandel, Mabelindile Luhlabo en Prudence Zerah Mtshali.

Mtshali het voorheen ‘n administratiewe pos beklee by Luthuli Huis en dien ook op direksies van ‘n aantal privaat maatskappye. Sy was ook in 2009 in die nuus na ‘n beweerde romantiese verbintenis met Adjunk President Kgalema Motlanthe wat deur hom ontken is.

Die departement het die mynregte aan die vorige houer van die reg ArcelorMittal SA toegeken, wie versuim het om te voldoen aan die vereiste aansoek om die reg van ‘n ou orde reg na ‘n nuwe orde mynreg in te dien, soos vereis deur die Wet op die Ontwikkeling van Mineraal- en Petroleum bronne.  In terme van dié wet, het die reg toe die staat as voog van Suid-Afrikaanse mineraleregte toegeval.

ArcelorMittal SA het R2.8 miljard betaal vir 21.4 persent aandeel in die Sishen myn. Die Sishen ystererts maatskappy het as mynkontrak-maatskappy vir ArcelorMittal SA opgetree terwyl Kumba die oorblywende 78.6 persent van die maatskappy besit.

In hierdie proses word die Suid-Afrikaanse vryemarklandskap, de facto in ‘n kommunistiese ekonomiese stelsel verander, waar oneffektiewe en onkundige sentrale besluitneming, mededingendheid laat taan. Dit kan Suid-Afrika gevolglik in ‘n mislukte staat laat opeindig waar die reële inkomste, naamlik dit wat jy met jou geld kan koop, minder gaan wees as voor 1937, net soos in Rusland.

Net soos ANC betrokkenheid by Chancellor House en Eskom sedert 2004, pryse van elektrisiteit met oor die 200% opgejaag het, en die land sonder voldoende krag gelaat het vir die volgende 15 jaar, asook ‘n land sonder ‘n enkele effektief-funksionerende munisipaliteit, gaan die ANC se inmenging in Sishen uiteindelik ook die doodsteek van die betrokke nywerheid in Suid-Afrika beteken het Mulder gesê.

Die betrokkenheid van die ANC in ‘n  bestuurshoedanigheid by enige vorm van onderneming in Suid-Afrika lei tot uiters nadelige gevolge vir beleggers, dienslewering, die publiek, en die uiteindelike nie-lewering van goedere en dienste.

Volgens Mulder poog die ANC om die kommunistiese eksperiment van Rusland te herhaal wat op skouspelagtige wyse oor ‘n tydperk van 70 jaar sedert 1917 misluk het en Rusland vandag armer gelaat het as voor 1937. Die ANC het bloot nie die bestuurskundigheid om hulself as individue te bestuur nie, en ook nie kleiner ondernemings soos munisipaliteite nie.

ANC betrokkenheid by die vryemark is gedoem uit die staanspoor, aangesien die ANC nie oor die vermoë beskik om winsbejag en doelmatige bestuur van ondernemings te laat slaag nie.

Die VF Plus voorspel  die einde van nog ‘n groot Suid Afrikaanse industrie vanweë die tipe inmenging van die ANC in die vryemarkstelsel.

Beleggers behoort hul investering in die industrie te heroorweeg.

настенно потолочные светильникиОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.