FIFA boelie Kulula

Deel op

Fifa het die lugredery Kulula beveel om ‘n advertensie wat sê dat hulle die “nie-amptelike lugredery vir die jy-weet-wat” is terug te trek, het The Star Vrydag berig.

Die lugredery het op Twitter gesê: “O gats, ‘n brief van Fifa se prokureurs sê dat ons hulle handelsmerk met die gebruik van ‘Suid-Afrika’ verbreek het en hulle dink ons nie-WB advertensie was oor sokker…

“Selfs die gebruik van ons nasionale vlag was ‘n kwessie. Dit is absoluut verregaande. Ons het ons land, sy simbole en ons ekonomie aan Sepp Blatter afgeteken.”

Amptelik het die lugredery gesê dat hulle “verras” was om ‘n brief van die sokker-beheerliggaam te ontvang wat daarop aandring dat hulle die advertensies terugtrek.

“Hulle het gesê ons kan nie die Kaapstad-stadion gebruik nie, ons mag nie sokkerballe of ‘Suid-Afrika’ gebruik nie. Die gebruik van die nasionale vlag word ook nie toegelaat nie,” het Nadine Damen, Kulula se bemarkingsbestuurder, gesê.

“Ons kan geen verwysing maak na die Wêreldbeker-sokkertoernooi nie. Hulle het ook vir ons gesê dat ons nie die vuvuzela, wat uit ons oogpunt ‘n verteenwoordiging van die mense van Suid-Afrika is, gebruik nie. “

мультики игрушкилобановский харьков класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.