Gewapende rowers oorval prof en personeel by UV

Deel op

Drie gewapende rowers het Donderdag op ’n departementshoof se kantoor toegeslaan by die Universiteit van die Vrystaat.

Die gewapende rowers het die hoof van die departement dierkunde en entomologie, prof. Jo van As, ’n meestersgraadstudent en ’n tegniese assistent oorrompel.

Twee van die drie rowers het glo reeds Woensdagmiddag in die gebou rondgedwaal en gemaak of hulle studente is.

Van As het hulle onmiddellik herken. Toe hy probeer weerstand bied, is ‘n vuurwapen teen sy kop gedruk met die woorde “don’t try to be a hero, Prof”.

Die rowers het duidelik Woensdag kom ondersoek instel by die departement.

‘n Ontstelde vader wie se seun aan die departement verbonde is, het Praag Donderdag direk na die aanval gekontak. Hy wou weet of dit Jonathan Jansen, die rektor, se planne vir transformasie van die universiteit is.

Selfone, beursies en rekenaars is gebuit en die drie het vermoedelik met ’n grys Isuzu-dubbelkajuitbakkie wat vroeër die dag op die kampus gesteel is, gevlug.

Die bakkie se registrasienommer is DNS 546 FS.

free deposit casino uktopcargo отзывы сотрудников

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.