2010 Motor van die Jaar

Die VW Golf VI
Deel op

Die VW Golf VI

Die (SAGMJ) het op Donderdag 18 Maart die VW Golf VI 1.4 TSI 90 kW Comfortline aangewys as 2010 Suid-Afrikaanse Motor van die Jaar tydens ’n glansgeleentheid by die Gallagher-konferensiesentrum in Midrand. Met die kompetisie-borg WesBank as gasheer, het welbekende verteenwoordigers van die plaaslike motorbedryf die funksie bygewoon.

Agt finaliste vir hierdie kompetisie is aan die einde van verlede jaar gekies ná ’n dieptepeiling van alle volle lede van die SAGMJ en ’n gevolglike tweede stemming van lede van die MVDJ-jurie. Die MVDJ-jurie, wat saamgestel is uit die land se top motorjoernaliste, het die finaliste vir twee dae in Februarie vanjaar deur hul passies gesit en aan ’n streng puntetoekenningsproses onderwerp.

Die Wenner

Die finale, geouditeerde puntetelling wys duidelik dat die VW Golf VI 1.4 TSI 90 kW Comfortline die uiteindelike wenner van hierdie gesogte toekenning, die hoogste toekenning van sy soort in die motorbedryf, is. Die SAGMJ, ’n professionele bedryfsliggaam van gekwalifiseerde motorjoernaliste, ken hierdie prys elke jaar vir die afgelope 25 jaar toe.

Die VW Golf VI 1.4 TSI 90 kW Comfortline het strawwe mededingers in die vorm van Alfa Romeo MiTo 1.4 TBi, Audi Q5 2.0T FSI® quattro® S tronic, Chevrolet Cruze 1.8 LS, Hyundai i20 1.6 GLS, Suzuki Alto 1.0 GLS, Toyota Prius 1.8 ECVT Advanced and Volvo XC60 3.0T Geartronic uitgestof. Al hierdie motors was finaliste wat meegeding het vir die hoogste toekenning in die land se top motorbyeenkoms.

’n Groot gedeelte van die toetswerk waaraan die finaliste onderwerp is, is gedoen by die wereldbekende Gerotek-voertuigtoetsterrein buite Pretoria. Dit maak die Suid-Afrikaanse Motor van die Jaar-kompetisie uniek tussen soortgelyke toetse elders ter wêreld, aangesien omvattende toetse op alle finaliste binne ’n beheerde toetsomgewing gedoen word. Die finaliste se direkte mededingers in die motormark is natuurlik ook in berekening gebring en hulle is dus in hul segmente, eerder as direk teen mekaar, getoets.

Die SA Motor van die Jaar hoort, by definisie, harte warm te laat klop as ’n werklik uitmuntende motor in sy klas, maar ook in die mark as geheel.

Die MVDJ-kompetisie is immers ’n maatstaf van voertuiguitnemendheid en die wenmotor moet hoë punte haal in ’n rits kategorieë wat onder meer waarde vir geld, veiligheid, dinamika, tegnologie en estetika in ag neem.

Die wenner moet ook duidelik strewe om innovasie en vindingrykheid ten opsigte van bemarking en ingenieurswerk in sy klas te verteenwoordig en as sulks moet hy die verpersoonliking wees van ’n brawe sprong vorentoe vir motorwese as geheel. Die wenner moet verkieslik nuwe standaarde in sy klas stel. Kortom, moet die wenner in alle opsigte ’n waardige draer wees van die eksklusiewe en gesogte titel as die “Suid-Afrikaanse Motor van die Jaar”.

Die SAGMJ bied die Suid-Afrikaanse Motor van die Jaar-kompetisie reeds sedert 1986 aan.

  • WesBank het die kompetisie reeds sedert sy totstandkoming geborg.

Vorige Titel wenners was:

  • 1986 Toyota Corolla Twin Cam
  • 1987 Mercedes 260
  • 1988 BMW 735i
  • 1989 Toyota Corolla GLi Executive
  • 1990 BMW 525i
  • 1991 Opel Monza 160 Gsi
  • 1992 Nissan Maxima 300 SE
  • 1993 BMW 316i
  • 1994 Opel Kadett 140
  • 1995 Opel Astra 160iS
  • 1996 Audi A4 1,8
  • 1997 BMW 528i
  • 1998 Ford Fiesta Fun
  • 1999 Alfa Romeo 156 T-Spark
  • 2000 Renault Clio 1.4 RT
  • 2001 BMW 320d
  • 2002 Audi A4 1.9 TDI
  • 2003 Polo TDI
  • 2004 Renault Megane 1.9 dCi
  • 2005 Volvo S40 2.4i
  • 2006 Audi A3 Sportback 2.0T
  • 2007 Honda Civic 1.8VXi Sedan
  • 2008 Mazda2 1.5 Individual
  • 2009 Honda Accord 2.4 Executive

Baie geluk Volkswagen, vanjaar is julle werklik die volks se wagen!

автомойка автоматическая ценаФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.