Welvaartskepping

Deel op

Die ander dag skryf Bill Bonner van die dailyreckoning.com dat Amerika besig is om al hulle vervaardigingstede te verloor en dat die algemene Amerikaner homself in die dienstebedryf bevind. Hy sê verder dat jy nie welvaart kan skep deur dienste nie. As jy my hare sny vir R50, en ek sny jou gras vir R50 is daar geen welvaart geskep nie. Jy moet iets vervaardig om welvaart te kan skep.

Ons kan seker boerdery en mynbou ook in die welvaartskep-afdeling plaas. Alhoewel die dienstesektor vir ‘n groot aantal stedelike Afrikaners op die oomblik en in die toekoms werk (sal) skep, gaan ons ook moet kyk na welvaartskepping deur ander metodes. Die ekonomie is soos ‘n boot wat in ‘n rivier stroomop vaar. As die boot uit stoom uit raak, gaan hy agteruit agv inflasie en staatsbesteding. Om vorentoe te kan gaan moet oa die twee faktore oorkom word. Suid-Afrika se ekonomie is besig om al hoe meer weestand vanaf veral staatsbesteding, asook die afgekoelde internasionale ekonomie te ondervind.

Die grootste uitdaging vir die Orania-konsep om te werk as alternatief vir die NSA, is werkskepping. Indien daar skielik werk geskep word sal mense in hulle duisende soontoe (of na enige ander groeipunt toe) trek. Om fabrieke op te sit wat op die NSA beginsels van goedkoop handearbeid werk, sal nie suksesvol wees nie. Ons wil juis werk skep vir ons mense. Fabrieke wat hoogs geoutomatiseerd is, is vanaf die staanspoor ‘n beter idee, maar die regte produk moet vervaardig word om kompetiesie met die ooste te vermy wat teen so min as $8 per dag per persoon en met goedkoop grondstowwe heelwat goedkoper as ons kan vervaardig.

Hoe het ander lande hierdie probleme oorkom? As ons na die res van die ontwikkelde wêreld kyk, word daar items van hoë kwaliteit of tegnologie vervaardig wat moeilik deur die oosterlinge of selfs ander eerstewêreldlande nagedoen kan word. Hierdie produkte word ook dan wêreldwyd verkoop. Ek dink aan Hollandse blomme, kaas en bier, Belgiese sjokolade, Duitse motors en tegnologie, Franse wyn en klere (ontwerp), Switserse horlosies, Europese mediese tegnologie, Amerikaanse wapentuig en informasietegnologie om net ‘n paar te noem. Hierby voeg hulle finansieële dienste, landbouprodukte en toerisme, asook buitelandse konstruksie, mynbou en konsultasie om groot hoeveelhede welvaart te skep terwyl heelwat van die vervaardiging in die ooste gebeur.

Ons Afrikaners is kompeterend op die internasionale mark. Om egter verder vooruit te gaan het ons opleiding, geleenthede, infrastruktuur, grond, dienste, investering en finansiering nodig. In meeste van hierdie faktore word ons op die oomblik meer en meer verdruk en besteel. Ons gaan in elke geval hierdie faktore vir onsself moet regstel, of ons volk nou binne of buite die NSA bly. Al ons groot maatskappye wat gestig is om ons te bevoordeel is deur die mynhuise en Britte op die JEB opgekoop. Is dit dalk tyd vir ‘n alternatiewe boereaandelebeurs?

casino games freeАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.