Blair voer oorlog glo vir sy eie sak

Deel op

Tony Blair, eertydse Britse premier, is twee jaar lank al in ‘n stryd gewikkel om sy geheime olie-ooreenkoms ‘n geheim te probeer hou.

Blair het ‘n uiters lukratiewe sake-ooreenkoms met ‘n multinasionale oliereus gesluit met uitgebreide belange in Irak.

Die voormalige Arbeidersregeringleier het probeer om sy ooreenkoms met die UI Energy Corporation van Suid-Korea, waarmee hy intussen sowat R220 miljoen verdien het, nie te laat uitlek nie deur oproepe van ‘n regeringswaghond te ignoreer.

Hy het ook gepoog om ‘n ooreenkoms met Koeweit waarin hy as adviseur vir die koninklike gesin opgetree het en ongeveer R11 miljoen ontvang het, uit die nuus te hou.

Blair se geldmakery het nou op die lappe gekom nadat die komitee wat sake oorsien, die Advisory Committee on Business Appointments geduld met hom verloor het.

Die voormalige eerste minister misbruik kennelik sy rol as Westerse gesant in die Midde-Ooste vir sy eie gewin, word beweer.

Kenners wat oor Blair se sakebelange spekuleer, meen dit is slegs die puntjie van die ysberg, Hy het glo sy reuse inkomste wat hy uit allerlei verdien, goed verskans met skadumaatskappye en vennootskappe.

Sodoende kon hy tot op hede verhoed dat die volle prentjie van sy rykdom openbaar gemaak word.

Kritici wys ook daarop dat ‘n groot deel van sy inkomste uit die VSA en die Midde-Ooste kom. Dit is ‘n duidelike bewys dat Blair gebaat het by die Amerikaanse inval in Irak en sy “noue bande” met George Bush.

‘n Britse parlementslid het Donderdag gesê, die kwessie “lyk nie net sleg nie, dit stink”.

“Dit blyk dat die voormalige premier van Brittanje op die betaalstaat van ‘n baie groot buitelandse oliemaatskappy is en ons word in die duister gehou daaroor,” het hy gesê.

Nog ‘n parlementslid het uitgewys dat Blair “te koop” is.

Die Suid-Koreaanse UI Energy is een van die grootste investeerders in Irak se olieryke en semi-outonome Koerdistan.

Blair wou nie Donderdag kommentaar lewer oor die aangeleentheid nie.

online slots no deposit bonusЛобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.