‘n Oproep tot aksie

Deel op

Ek wil almal oproep tot aksie.

In terme van die Nasionale Omgewingswet is ‘n oortreding van die wet ‘n krimenele oortreding.

Sodoende kan ‘n gewone burger van SA dan na die polisiestasie gaan en ‘n klag teen iemand wat die wet verbreek lê.

Die wet maak ook voorsiening dat nie net die instansie, of munisipaliteit  kan aangekla word nie, maar ook die persoon wat verantwoordelik is vir die verbreking van die wet.

Ek stel voor dat ons munisipaliteite, en die munisipale bestuurders aankla in terme van artikel 28 van die WET OP NASIONALE OMGEWINGSBESTUUR 107 van 1998 wat bepaal dat enige persoon wat omgewingskade veroorsaak of as hy nie verhoed dat dit gebeur nie, nie sy verantwoordelikheid ten opsigte van die omgewing nakom nie.

Met ander woorde kom ons laat hulle wette teen hulleself werk. Ons spandeer nie geld op prokureurs nie, want dit is die polisie se plig om die saak te ondersoek.

Kom ons kry bewyse van besoedeling, traak-my-nie-agtige optrede, en bewyse van onverantwoordelike optrede, handig dit in by jou polisiestasie en volg dit op.

Sodoende  beveg ons slap hande in owerhede, en ons beskerm ‘n bietjie wat oor is.

Ek stel voor ons maak dit ‘n massa-aksie op die 3 Mei 2010 om soveel as moontlike munisipaliteiete, staatsdepartemente, korupte amptenare in verband hiermee aan te kla.

игри для детеиОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.