Cope en VF+ ondersteun mosie van wantroue

Deel op

Dr Corné Mulder, hoofsweep van die VF+, het vandag tydens die wantrouedebat in die parlement gesê dit is altyd beter in die politiek om die bal eerder as die man te speel. Dit is nie wat te siene was nie. Die agbare President is ‘n baie lojale partyman. Alle besluite word gesamentlik geneem, of dit nou deur die NUK of die NWK of die top ses geneem word.

Dit is egter mnr. Zuma wat verkies is deur hierdie Huis om President te wees. Hy is die President van die Republiek en niemand anders nie en dit plaas daarom ‘n aantal verantwoordelikhede op hom.

Artikel 83(b) van die Grondwet gee die President opdrag om die Grondwet na te kom, te verdedig en te respekteer. Die President moet dit doen en nie die NUK of die top ses in die ANC nie. Dit skryf voor dat die President, ongeag van party lojaliteite die land en die Grondwet moet verdedig.

Zuma moet die voorbeeld stel en moet daarom die eerste een wees om Malema in die openbaar te berispe vir sy aanstigting tot geweld en die propageer van haatspraak. Maar Zuma het stil gebly, sê Mulder. Die VF Plus het daarom hierdie mosie van wantroue ondersteun.

Die belangrike ding van die debat was egter nie die feit dat die mosie deur die meerderheid verslaan sal word nie, maar die feit dat dit deur COPE en nie die DA gebring is nie, het hy onderstreep. Hy het gesê dit is die werklike belangrike gebeurtenis. Want indien so ‘n mosie ooit in die toekoms sou slaag, sal dit gebring word deur ‘n COPE-soort van party en nie die DA nie, het Mulder afgesluit.

free slot machine sitesФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.