Fourie du Preez Japan toe

Deel op

Die Bulle se skrumskakel, Fourie du Preez, het Woensdag ‘n kontrak met sy span tot 2011 gesluit, waarna hy klubrugby in Japan gaan speel.

Du Preez, wat volgende week 28 word, sal tot die einde van die Super 15 vir die Bulls beskikbaar wees.

Die speler het ook ‘n kontrak met die Springbokke geteken wat hom tot die einde van die Wêreldbeker-rugbytoernooi volgende jaar in Nieu-Seeland in die nasionale kleure sal hou.

Daarna sal hy by ‘n klub in Japan aansluit.

“Hierdie was die beste rugbyjare van my lewe, en ek sou dit saam met geen ander span wou gespeel het nie,” het Du Preez gesê.

Hy het bygevoeg dat hy die Bulls vroegtydig van sy planne in kennis stel sodat hulle genoeg tyd het om die toekoms te beplan.

“Daar is reeds uitstekende spelers soos Francois Hougaard wat aan die deur klop, so dis tyd om aan te beweeg.”

ландшафтное освещение монтажпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.