‘SA is teelaarde vir mensehandel’

Deel op

Suid-Afrika se oop, kosmopolitiese samelewing is ‘n teelaarde vir mensehandel, het die Verenigde Nasies (VN) Woensdag gesê.

“Suid-Afrika word vir mensehandel gebruik weens die land se (tegniese en reis-) infrastruktuur.

“Die land se kosmopolitiese samelewing word gebruik om misdaad te fasiliteer,” het Johan Kruger, die VN se kantoor oor dwelms en misdaad (UNODC) se nasionale projekkoördineerder, gesê.

Volgens Kruger word Suid-Afrika se liberale, demokratiese omgewing en ekonomiese mag gebruik om winsgewende mensehandelprojekte te ondersteun.

Kruger het dié opmerkings by ‘n werkswinkel oor internasionale samewerking in mensehandel en -smokkelary in Johannesburg gemaak.

автомобильное зарядноеФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.