Produktiewe landbougrond in die ANC se visier

Deel op

Sogenaamde grondhervorming wat gelei het tot die ineenstorting van Zimbabwe, is besig om vorm aan te neem in die nuutste verklarings van die ANC.

Dr. Joe Phaahla, adjunkminister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, en Thozi Gwanya, direkteur-generaal, het Woensdag gesê dit is immoreel dat mense wat grondloos is moet toekyk hoe sommiges met duisende hektaar sit.

Phaahla meen die regering moet toegang tot grond met eiendomsreg versoen. Daar word volgens hom reeds te veel klem gelê word op eiendomsreg. Daarom sal art. 25 aangepas moet word, het hy gesê.

Dit is duidelik dat die ANC eiendomsreg in die visier het eerder as voedselsekuriteit. Die fokus van die regering is uitsluitlik op produktiewe landbougrond en nie op die mislukte landboubedrywighede van swart grondeienaars nie.

Die ANC wil grond glo “optimaal” benut deur dit aan grondhonger mense te oorhandig omdat só ‘n stap volgens Phaala “moreel” regverdigbaar is.

Phaala het aan Beeld gesê ’n presedent oor die voogdyskap van natuurlike hulpbronne is met die wet op ontwikkeling van minerale en petroleum-hulpbronne geskep waarvolgens die staat sy regte op hulpbronne behou het. Hy het gesê dit het mynhuise nie afgeskrik nie.

отзывы о светодиодныхлобановский александр дети

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.