Westinghouse wil korrelbed ondersteun

Deel op

Westinghouse Electric, wat grotendeels deur Japan se Toshiba besit word, maar in die VSA gesetel is, gaan moontlik ’n bykomende investering in die tegnologie van die korrelbedkernreaktormaatskappy PBMR maak, het ’n werknemer Woensdag gesê.

Die regering het verlede maand gesê hy gaan finansiële ondersteuning vir die projek staak nadat die PBMR nie daarin kon slaag om beleggings van buite te kry nie, ondanks ’n aangepaste produkmodel.

Robert Pearce, direkteur vir ontwikkelingstrategie en sakebeplanning by Westinghouse, het gesê die regering se onttrekking van die projek was moontlik nodig aangesien hy finansieringsvoorkeure moes kies, maar dat sy maatskappy verdere steun oorweeg. Hy het gesê huidige finansiering sal die projek vir ’n verdere 12 tot 15 maande laat voortgaan.

“Die punt sal dan bereik word waar verdere investering benodig sal word. Westinghouse is besig om die investering te evalueer. Ons gaan heel moontlik investeer en sal ook investering van andere soek,” het hy gesê tydens ’n Afrika-kragkonferensie in Johannesburg.

Die PBMR het in Februarie gesê hy gaan tot 600 poste besnoei om koste te bespaar, en sy nabye en mediumtermyn-toekoms hang af van gesprekke met investeerders.

Westinghouse, Eskom en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) het tot dusver sowat R8 miljoen sedert 1999 investeer vir die PBMR-tegnologie.

Die wêreldwye finansiële krisis en finansieringsprobleme by Eksom het egter die ontwikkeling van die tegnologie ’n knou toegedien.

eye of raФильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.