Gautengse raadslid aangeval

Deel op

’n Raadslid is gedurende ’n betoging weens swak dienslewering in Poortjie, naby Orange Farm, aangeval Sy plakkershut is ook in die voorval beskadig, het die plaaslike polisie gesê.

Kons. Edwin Ntsheo het gesê ’n groep inwoners het omstreeks 05:30 Woensdagoggend na Advocate Nyabe se hut gegaan, al die vensters gebreek en sy twee motors met klippe en skerp voorwerpe beskadig.

“Hulle het die hut se deur afgebreek en die raadslid met die klippe en skerp voorwerpe aangeval.

“Hy het ‘n ernstige besering op sy kop aangedoen en is gehospitaliseer,” het hy gesê.

Sowat 36 mense is vir poging tot moord in hegtenis geneem, asook vir die beskadiging van private eiendom.

Hulle is na die Orange Fram-polisiestasie geneem.

Ntsheo het gesê die R58, die Randfontein-pad, was met klippe en brandende bande versper.

Die polisie sal na verwagting nog mense in hegtenis neem, het hy bygevoeg.

Sewe mense is in Ennerdale vir openbare geweld in hegtenis geneem nadat hulle ‘n pad versper het.

Sowat ‘n 1000 inwoners in Ennerdale het teen die middag gewag om ‘n memorandum waarin hulle ontevredenheid gelug word aan ‘n beampte van die Gautengse provinsiale regering te oorhandig.

“Hulle voer aan dat hy uit sy pos moet bedank,” het hy gesê.

Hy het gesê die situasie is onder bedwang gebring en die gebied word gemonitor.

Die betogings het reeds Dinsdag in Ennerdale en Poortjie begin.

монстер хай новые сериилобановский политик

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.