VSA probeer burgerlike sterftes in Afghanistan bekamp

Deel op

Die bevelvoerder van Amerikaanse en NAVO-troepe in Afghanistan het nuwe reëls bekendgemaak nadat spesmagte in ‘n reeks mislukte operasies die lewens van talle burgerlikes geëis het.

Twee verwagtende vroue en ‘n tienermeisie is onlangs in ‘n nagaanval gedood deur Amerikaanse spesiale magte.

Generaal Stanley McChrystal het toegegee dat troepe wat aan verskillende bevelstukture onderworpe is, soms in mekaar se pad kom.

Hy het aan The New York Times gesê almal probeer hul bes, maar dikwels is die uitkoms nie die gewensde een nie.

Die meeste spesiale troepe sal voortaan onder dieselfde beheer staan. Hy sal ook die verantwoordelikheid aanvaar vir missies wat tot burgerlike sterftes lei.

NAVO meen Generaal McChrystal se inisiatief sal tot beter koördinasie lei.

Generaal David Petraeus was tot op hede die bevelvoerder van die spesmagte wat hulle skuldig gemaak het aan die ergste vergrype.

Die nuwe reëls sal slegs op militêre personeel van toepassing wees.

Die CIA sal, soos voorheen, direk aan Langley in Virginia, die VSA-hoofkantoor van die organisasie, rapporteer.

круглые светодиодные люстрыФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.