Intelligensie amptenare in Pakistan het gesê dat ‘n vermeende Amerikaanse missielaanval die lewens van minstens ses mense in noordwes Pakistan geëis het.
Volgens amptenare is ‘n onbekende hoeveelheid mense ook in Dinsdag se aanval in die noordelike deel van die Waziristanprovinsie beseer.
Die CIA het millitêre dele in Pakistan herhaaldelik sedert Desember geteiken nadat ‘n selfmoordbomaanvaller sewe CIA-lede in Afganistan vermoor het.
Die amptenare het op voorwaarde van anonimiteit gepraat, aangesien hulle nie toegelaat word om met die media te praat nie.