Misdaad in Haïti neem drasties toe

Twee polisiemanne is Dinsdag deur gewapende mans in die Haïtiese hoofstad Port-au-Prince doodgeskiet terwyl misdaad in dié stad toeneem nadat ‘n aardbewing die armoedige eilanddeel twee maande terug getref het.

“Die twee polisiemanne, wat in gewone klere was, was in ‘n voertuig toe hulle deur gewapende mans geskiet is wat daarna van die toneel gevlug het,” het ‘n polisiebeampte aan AFP vertel.

Volgens die polisiebeampte is ‘n ondersoek geloods.

Misdaad in Haïti neem drasties toe. Twee humanitêre werkers is verlede week ontvoer en twee mans is Maandag doodgeskiet.

Volgens die VSA is vier Amerikaanse burgers ook in die Haïtiese hoofstad vermoor.

Tydens 12 Januarie se aardbewing het sowat 4 000 gevangenes uit die hooftronk ontsnap.

Daar word beweer dat hulle in ‘n nabye agterbuurt wegkruip.

каркасные бани фотоДанильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.