GHA verheug oor taaluitspraak

Deel op

Mnr Cerneels Lourens, ʼn prokureur van Brits, het ‘n belangrike grondwetsaak in die hooggeregshof teen die owerheid gewen. Die saak het gehandel oor die owerheid se nalatigheid en versuim om ‘n taalwet daar te stel wat ál die amptlike tale in die land moet beskerm.

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans is saam met mnr. Lourens verheug oor die uitspraak wat Regter Ben du Plessis in die Hooggeregshof gelewer het. In sy uitspraak het Regter Du Plessis mnr Lourens gelyk gegee dat die owerheid ʼn taalwet moet promulgeer  wat die tale van alle minderheidsgroepe in Suid-Afrika in terme van die grondwet moet beskerm. Hy het voorts die minister van kuns en kultuur opdrag gegee om sonder versuim aandag aan die saak te gee en hom versoek dat die taalwet binne twee jaar vanaf hierdie datum in plek moet wees.

Of die minister in staat sal wees of die politieke wil sal hê om so ‘n wet daar te stel en te implimenteer, moet nog gesien word. Tans regeer die owerheid op ʼn outokratiese wyse en beskou homself verhewe bo die RSA-grondwet maar terselfdertyd verwag hy onregmatig van sy onderdane om die grondwet te gehoorsaam en gebruik sy magte in terme van die grondwet om bv. Afrikaans op skool- en universiteitsvlakke ter wille van Engels te elimineer. Talle hofsake om die voortbestaan van Afrikaans is bewys hiervan.

Na hierdie waterskeidingshofuitspraak  versoek die GHA die owerheid om Afrikaans en ander tale van minderheidsgroepe langs Engels gelyk te beregtig op die vlak van onderwys, die regstelsel, staatsdepartemente en plaaslike owerhede.

Ten slotte sê die GHA aan die owerheid dat Afrikaans lank reeds as ʼn wêreldtaal erken word op die grond van die prestasies van Afrikaanssprekende wetenskaplikes en letterkundiges. Feitlik daagliks word hierdie prestasies op hierdie terreine in ander wêreldtale soos bv. Engels en Frans vertaal en wêreldwyd versprei. Die GHA versoek dus die Owerheid om hierdie hoë status van Afrikaans in die toekoms te erken en te eerbiedig.

измена супружескаяОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.