‘SA se paaie die gevaarlikste’

Deel op

Die paaie in Suid-Afrika is vinnig besig om bekend te word as die gevaarlikste ter wêreld, het die Automobiel-Assosiasie Dinsdag gesê.

In ‘n verklaring het die AA die hoë ongeluksyfer aan swak wetstoepassing, swak paaie en roekelose bestuur toegeskryf.

“Suid-Afrika se paaie is vinnig besig om die reputasie van die gevaarlikste paaie ter wêreld te kry,” het Gary Ronald van die AA gesê.

“Die ekwivalent van tien skole se leerders sterf jaarliks op Suid-Afrika se paaie. Dit kan gedeeltelik toegeskryf word aan die toestande van die paaie en die padwaardigheid van die motors, maar meer nog die houding van die padgebruiker.”

Ronald het gesê daar is ‘n aantal voorbeelde van roekelose gedrag onder taxi’s, maar ander padgebruikers is ook skuldig as dit kom by dronkbestuur.

детский велосипедФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.