Die koste van plaasaanvalle

Deel op

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid (SAKHN) het Dinsdag gewaarsku dat plaasaanvalle voedselsekuriteit bedreig.

Elke plaasaanval se koste aan die land se ekonomie word konserwatief geraam op sowat R1,9 miljoen per jaar.

Die organisasie het in ’n verklaring gesê indien die plaas se produktiwiteit net tydelik beïnvloed word, beloop die verlies aan die bruto nasionale produk (BNP) meer as R160 000 per maand.

Tussen 1997 en 2007 is 1 248 moorde landwyd op plase gepleeg. Die meeste van die slagoffers was volgens die polisie plaaswerkers.

Die SAKHN sê gegrond op die 3,22% wat die landbou in 2009 tot die land se groeisyfer bygedra het en met die 39 982 plase wat daar in 2007 was, kos plaasaanvalle die land jaarliks sowat R1 932 869 per plaas wat daardeur geraak word.

Die organisasie meen hulle berekening is ’n konserwatiewe een, omdat die grootte van plase en hul produksievermoë uitgesluit is.

Ook die plaaslike voedselbedryf, die sektor se vermoë om internasionaal mededingend te wees en die verskillende soorte plase en boerderybedrywe word nie in ag geneem nie.

освещение лестницы светодиодной лентойФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.