Taxi’s staak vir tweede dag

Deel op

Pendelaars is Dinsdag weer in Soweto gestrand nadat taxi-bestuurders besluit het om hulle dienste vir ‘n tweede dag te onttrek uit protes teen die snelbusdiens, die BRT, het die stad Johannesburg gesê.

Nthatisi Modingoane, woordvoerder, het egter gesê die snelbusdiens verloop glad, alhoewel pendelaars met lang toue tevrede moet wees.

“Geen gewelddadige voorvalle is tot dusver aangemeld nie, maar die mense moet geduldig wees weens die lang toue, omdat daar geen taxi’s beskikbaar is nie.”

“Ons sal wel almal by hulle bestemming uit kry soos Maandag,” het hy gesê.

Sommige taxi-ondernemings is bekommerd oor hul voortbestaan en weier daarom om ‘n diens te lewer indien die BRT-busse op die roetes geplaas word, wat glo aan hulle behoort.

Hulle is gekant teen die volgende fase van die snelbusdiens wat se busse sedert Maandag op die nuwe roetes geplaas is.

Die nuwe roete strek vanaf Dobsonville na die Johannesburgse middestad, asook Ellis Park.

Vier onbekende mans het Vrydag op ‘n bus van die Snelbusdiens (BRT) tydens ‘n aanval in Johannesburg, geskiet.

“Niemand is beseer nie,” het kapt. Katlego Mogale Saterdag gesê.Die voorval het in Soweto plaasgevind. Dit is nog nie bekend of die skietery verwant hou met dreigemente wat deur lede van die taxi-industrie gemaak is nie.

Woedende lede van die taxi-gemeenskap het verlede maand gedreig om geweld te gebruik in protes teen die BRT omdat hulle voel dit bedreig hul inkomste.

monkey kingФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.