Sestig blokkies vir ras en etnisiteit

Deel op

Die stad Olympia in die deelstaat Washinghton het nuwe skoolreëls opgestel wat ras en etnisiteit betref.

Nie minder nie sestig blokkies vir verskillende kategorieë van ras en etnisiteit is op die nuwe vorm gedruk.

Dit maak veelvoudige antwoorde vir gemengde raspare en hul kinders moontlik.

Skole sal voortaan van gesinne vereis om soveel as moontlik inligting oor hul kinders se herkoms op skoolvorms in te vul.

Indien die gesinspaar of ouer weier om die inligting te gee, sal die skool self die ras en etnisiteit van die kind bepaal en aanteken.

Die skole verwag dat daar kinders sal wees wat nie die korrekte inligting sal verskaf nie.

In sulke gevalle word opvoeders aangeraai om staat te maak op selfidentifikasie.

Ook in gevalle waar die ouers weier om kinders onder 18 se ras en etnisiteit bekend te maak, is selfidentifikasie die norm.

In gevalle waar die biologiese ouers se ras en etnisiteit verskil van dié wat hul telge aangee, word van skole vereis om die ouers se ras en etnisiteit te gee.

Skoolamptenare sê hulle sien nie uit daarna om te moet raai wat die ras en etnisiteit van kinders is nie, en hoop dat die ouers sal saamwerk om die nodige inligting te verskaf.

earrings forФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.