Ernie slaan weer ‘n slag

Suid-Afrika se gholfster Ernie Els is met mening terug nadat hy ‘n effense droogte beleef het.

Verlede week was Els nog 20ste op die wêreldranglys.

Hy is nou in die toptien, op nommer 8, ná sy oorwinning Sondag by die CA-kampioenskappe.

Charl Schwartzel, nog ‘n Suid-Afrikaner, het tweede geëindig.

Schwartzel was verlede week 35ste en is nou in die 27ste posisie.

Tiger Woods is nog steeds nommer een.

Die CA Championship-gholftoernooi is in Doral in die Amerikaanse deelstaat Florida gehou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.