Rowers getakel, een dood

Deel op

Inwoners van Mthatha het twee gewapende mans doodgeslaan wat na bewering besig was om ‘n rooftog in Mandelapark uit te voer, het die Oos-Kaapse polisie gesê.

“Lede van die gemeenskap het gedurende die rooftog die rowers met stokke, strykysters en pangas genader en hulle daarmee begin slaan,” het Sup. Mzukisi Fatyela gesê.

Vier mans het die spazawinkel omstreeks 06:30 Maandagoggend in Mandelapark binnegegaan.

Hulle het die eienaar en sy vrou met wapens aangehou en sowat R4500, ’n DVD-speler en ‘n selfoon gevat.

“Die vrou het begin skree. Net voordat hulle haar probeer verkrag het, het lede van die gemeenskap die winkel binnegestorm en die rowers gekonfronteer en hulle begin slaan.”

“Een rower het op die toneel gesterf en die ander een in die hospitaal. Die oorblywende twee rowers is in ‘n kritieke toestand en onder polisietoesig.”

Die polisie het kort na die voorval drie inwoners betrokke by die aanval in hegtenis geneem.

free mobile onlineАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.