Nasionalisering van landbougrond

Deel op

“Daar kan geen twyfel wees dat as alle produktiewe grond in Suid-Afrika in ’n nasionale bate omskep word, dit die nasionalisering van grond beteken nie.” Aldus dr. Pieter Mulder, adjunkminister van landbou en leier van die Vryheidsfront Plus.

Volgens media-verslae is een van die opsies wat die ANC vir die groenskrif op grondhervorming oorweeg, ’n voorstel dat alle landbougrond voortaan aan die staat behoort en bestaande eienaars se eiendomsreg in ’n erfpagstelsel omskep word.

Mulder sê: “As so ’n voorstel regeringsbeleid sou word, sal dit teen die grondwet wees, sal dit alle beleggers in Suid-Afrika permanent afskrik en sal dit groot onsekerheid op die platteland veroorsaak wat weer voedselsekerheid sal vernietig.”

Die ontwikkeling van die platteland is tans een van die prioriteite van die ANC.

Volgens Mulder is “onsekerheid die belangrikste rede waarom kommersiële boere in die platteland nie tans hulle boerderye uitbrei of meer werksgeleenthede skep nie.  As ’n sogenaamde gronderfpagstelsel regeringsbeleid word, sal dit totale onsekerheid oor grond op die platteland skep. Enige regeringsamptenaar wat dink dat die ontwikkeling van die platteland moontlik is sonder die samewerking van die kommersiële boere, ontken die werklikhede van Suid-Afrika.

In belang van Suid-Afrika en van landbou sal hierdie voorstel met alle moontlike middele en deur alle belanghebbendes beveg moet word.”

сауна домаФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.