Waarom ‘n ‘Tshwane-Beeld’?

Deel op

Graag lewer ek hier kommentaar oor die brief, “Beeld is die beste waghond in die land” wat Vrydag in daardie koerant verskyn het, want op die brieweblad is daar nie plek vir kommentaar nie, seker omdat Beeld homself dan ooplaat vir kritiek.

As Beeld die beste waghond in die land is, hoe verklaar jy dan die “Tswane-Beeld”? Dít nadat die hof bevestig het:  Pretoria is nog steeds Pretoria! Twee briewe wat ek al aan Tim du Plessis, redakteur van Beeld, in dié verband gestuur het, is nie geplaas nie en Beeld probeer dit doodswyg. Nee wat Beeld, doen lustig mee aan die marginalisering van die witmense. Dis duidelik: al wat belangrik is, is ons geld.

Die berigte oor die moord en doodslag en korupsie is slegs om ons emosies op te jaag en sensasie te wek, sodat ons die koerant moet koop. Ek is diep teleurgesteld en is besig om alle respek vir Tim Du Plessis en Beeld te verloor.

Naskrif: ek het hierdie beswaar op Beeld se webwerf probeer plaas, maar weereens sonder sukses. Tim, ek probeer ’n versoenende pad stap en wil nie graag in ’n konfrontasie met Beeld betrokke raak nie. Waneer hoor ons jou kant van die saak? Ons is moeg om gemarginaliseer te word. Hoe verskil jou en Beeld se optrede van Nomvula Mokonyane s’n want vir julle almal is ons geld genoeg maar ons erfenis beteken niks? Kan nie wag om van jou te hoor nie.

гидроизоляционная смесьлобановский александр

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.