Praat is klaar

Deel op

Liewe mede-nie-liberale Afrikaner. Min van ons mense besef die uiterste gevaar waarin ons ons tans bevind. Selfs ons kinders se veiligheid is nou radikaal in gedrang. Die ANC-regime het inderdaad ons eie kinders van ons vervreem; hulle het ons geskiedenis uit hul boeke gehaal en verdwaal sonder riglyne gelaat. Die volgende generasie gaan nie eens weet wie hulle is of was nie en dit word erger.

Elke soort openbare diens is reeds in duie of is spoedig afgrond toe. Die kommerwekkendste is natuurlik ons land se veiligheidsdiens. Om korrupsie toe te smeer, is vir die kommunistiese regime baie belangriker as nasionale veiligheid. Daar bestaan reuseleemtes in ons nasionale veiligheidstelsel. Die nuutste wat kop uitsteek, is die ontvoering en uitvoer van jong wit dogters; my dogter is jou dogter as dit by hulle veiligheid kom. Ons as verantwoordelike mens behoort hulle ten alle koste te beskerm.

Daar is skielik ‘n hewige styging in dié gruwelike misdaad, ons kinders wat as prostitute uitgevoer word. Dit is so verskriklik, dit maak my naar. Dink tog daaraan: dit kan jou dogtertjie wees wat volgende is. Om staat te maak op die polisie vandag is ‘n hopelose saak en onverantwoordelik. Tog sit ons terug en wag op beter dae. Elke dag wat verbygaan, is soos ‘n dier wat brandsiek is; hy sal nie vanself beter word nie.

Het Retief nie met sy bloed aan ons gewys dat jy nie met hulle kan onderhandel nie; waarom probeer al die Afrikanerorganisasies nog? Die tyd van praat is inderdaad verby. Daar is maar een oplossing: Ons moet ons veiligheid in ons eie hande neem. Dit is nie ons reg nie maar ons plig! Paraatheid en selfbeskerming was nog altyd ‘n tradisie onder ons mense, wat die afgelope tyd verwaarloos is.

Ons sal lewe, ons sal sterwe, Ons vir jou Suid-Afrika. Dit het ons herhaaldelik gesing en tog net daar laat staan. Kom ons staan tog vir eenmaal op en beskerm ons vrouens en kinders. Kom ons hou op praat en wys die vyand en die wêreld dat ons nog ‘n volk is. Kom ons maak ons voorvaders trots op die feit dat hulle geveg nie tevergeefs was nie. Dit is tyd dat ons wapens opneem en onsself beskerm teen ons vyand, ons geskiedenis terug eien en ons deur ons eie mense gelei word.

Soos Prediker 3:1-8 lui:

1 Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd:

2 daar is ‘n tyd om gebore te word, ‘n tyd om te sterwe, ‘n tyd om te plant, ‘n tyd om plante uit te trek,

3 ‘n tyd om ‘n lewe te neem, ‘n tyd om ‘n lewe te red, ‘n tyd om af te breek, ‘n tyd om te bou,

4 ‘n tyd om te huil, ‘n tyd om te lag, ‘n tyd om te treur, ‘n tyd om van blydskap te dans,

5 ‘n tyd om klippe weg te gooi, ‘n tyd om hulle bymekaar te maak, ‘n tyd om te omhels, ‘n tyd om weg te bly van omhelsing af,

6 ‘n tyd om aan te skaf, ‘n tyd om te laat wegraak, ‘n tyd om te spaar, ‘n tyd om weg te gooi,

7 ‘n tyd om te skeur, ‘n tyd om toe te werk, ‘n tyd om stil te bly, ‘n tyd om te praat,

8 ‘n tyd om lief te hê, ‘n tyd om te haat, ‘n tyd vir oorlog, ‘n tyd vir vrede.

Die Afrikanerhaters sal my nooit onderkry nie; ek sal veg tot ek my laaste asem uitblaas.

ротор купитьtopcargo отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.